Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Eikestad
Home Page
Business Index
Weather
News
  • Local
  • Sport
  • Business
  • Campus
  • Municipality
  • Schools
  • Arts Diary
    Events Diary
    Gazette
  • News
  • Our community
  • Our youth
  • Sport
  • Entertainment
  • Motoring
    Entertainment
    Travel & Tourism
    Food & Wine
    Real Estate
    News24
    Letters
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    16/05/2008 09:09 AM - (SA)
    Taxi eis baba
    Peet van Aardt


    'n OORLAAIDE taxi wat twee sleepwaens gesleep het, en 'n slapende bestuurder is die oorsaak van 'n vyf maande oue baba se dood.

    Maandagoggend vroeg het die gru-ongeluk op die Klapmuts-pad net buitekant Stellenbosch plaasgevind.

    Die vyf maande oue Esinalo Sobayeni van Kraaifontein en 'n onbekende man (30) is in die gru-ongeluk oorlede, terwyl 21 mense beseer is.

    Dié taxi was op pad van die Oos-Kaap na Stellenbosch. Volgens passasiers het Tabela Dalibango, bestuurder van die voertuig, twee sleepwaens op mekaar gelaai en agter die taxi gesleep.

    Op Queenstown het die een sleepwa reeds afgeval, maar Dalibango wou glo nie stop nie, ten spyte van die passasiers se besware.

    In sy 24-sitplek taxi was daar 26 mense, maar twee is kort voor die ongeluk afgelaai.

    "Hy het baie vinnig gejaag, en elke keer dat ons hom gevra het om stadiger te ry, het hy bloot die musiek harder gedraai," lui een passasier se verklaring.

    Op die R44, kort voor die Kromme Rhee-afdraai, het die bestuurder glo aan die slaap geraak.

    Toe een insittende skree dat hy moet wakker word, het Dalibango glo die stuurwiel geruk en die taxi het van die pad geswaai, 'n wal getref en gerol.

    Die voertuig het sowat 30 meter van die pad tot stilstand gekom.

    Klein Esimalo en die man is op slag dood.

    Die res van die beseerdes is na Stellenbosch Hospitaal en Paarl Hospitaal gehaas.

    "Ons is moeg daarvoor dat mense motors as moordwapens gebruik," sê supt. Lizelle Stroebel, hoof van die Botsingsburo van die Stellenbosch Verkeersdepartement.

    "Ons vra bestuurders om meer verantwoordelik op te tree, veral wanneer daar kinders in die voertuig is. Hierdie baba het haar hele lewe voor haar gehad, en toe word dit van haar weggeneem deur 'n roekelose bestuurder," sê Stroebel.

    'n Saak van strafbare manslag word teen die taxibestuurder ondersoek.




    Back to top     Back to top

    © 2000 Eikestadnuus/News - all rights reserved - alle regte voorbehou.