Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Weer
Aktueel
Sport
Vermaak
Artikels
Menings
  • Resepte
  • Kommentaar
  • Briewe
  • Rubrieke
  • Dagboek
    Motors
    Eiendomme
    News24
    Die Burger
    Argief
    MetroBurger
    Sakenuus
     
    Wie's Ons Soek Advertensies
      Aangebied deur:

    27/08/2008 03:51 PM - (SA)
    Hemelse wysheid
    GEORGE RAUCH


    INFORMASIE is nie insig nie, en vermoede beslis nie verstaan nie. Om van iets te weet beteken nie dat ons wysheid daaroor het nie. Kennis oor iets tipeer nie die karakter daarvan nie.

    Besinning vra uiteindelik begrip. Ons mense is gou om te sê ons weet waaroor iets gaan, het die antwoord en is in beheer van die omstandighede wat daarmee saamgaan. Intussen is dit dikwels ver van die waarheid.

    Ons vervang gewoon ons behoefte aan selfvertroue en ’n gesonde selfbeeld met ’n valse drang na individualisme en selfhandhawing. Daarom dat ons so maklik kan praat oor iets waarvan ons weet, sonder dat ons dit verstaan.

    Dis beter om te luister as om te praat, en altyd goed om eers te dink voor jy doen. Goeie oordeel is na alles die vrug van gesonde en gebalanseerde beoordeling. Impulsiwiteit is opwindend, maar moet in balans gebring word deur rustige weldeurdagtheid. Intuïsie is stimulerend, maar benodig beslis die versigtige versekering van praktiese haalbaarheid. Spreuke 19:2 sê: “Ywer sonder kennis deug nie; oorhaastigheid bring foute.”

    Uiteindelik bly die ou wysheid steeds waar: “Dit is die Here wat die wysheid gee, uit sy mond kom die kennis en die insig.” (Spreuke 2:6.) Leef jou lewe voor die Here, neem jou besluite deur ook daaroor te bid. (Die skrywer bedien by Northern Cross Fellowship – 083 280 0294)




    Back to top     Na bo

    © 2001 TygerBurger - alle regte voorbehou.