Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Error processing SSI file
 

Weer
Aktueel
Sport
Vermaak
Artikels
Menings
  • Resepte
  • Kommentaar
  • Briewe
  • Rubrieke
  • Dagboek
    Motors
    Eiendomme
    News24
    Die Burger
    Argief
    MetroBurger
    Sakenuus
     
    Wie's Ons Soek Advertensies
      Aangebied deur:

    15/10/2008 11:54 AM - (SA)
    Ken jóú kosmos
    GEORGE RAUCH


    ONS is almal ons eie soort mens. Ons dink nie soos ander mense nie, voel op ons eie manier, doen dinge soos ons dit goedvind, en les bes glo ons wat ons wil glo.

    Mense soos ek en jy is sensitief en broos. Met ons eie innerlike worstelinge en pogings tot sin maak en sin gee aan ons lewe loop ons soms ’n eensame pad. Eensaam omdat net onsself dit verstaan; en somtyds worstel om selfs dít te verstaan. Ons is komplekse wesens met emosies, gevoelens en eie gedagtegange wat uniek is en slegs in ons eie individuele leef- en ervaringswêreld begryp kan word.

    En tog verwag ons om begryp, gerespekteer en boonop aanvaar te word. In die proses word dit ook van ons verwag ten opsigte van ons medemens.

    In die breë gesien, toon hierdie verskynsel duidelik dat elke mens, ongeag omstandighede, heel, volledig, emosioneel intelligent en in beheer van die lewe wil wees.

    Dit is uiteindelik alleen moontlik indien ons ons plek en rol in ons eie mikro-kosmos verstaan en respekteer. Die Bybel verskaf wonderlike insig in Spreuke 16. Lees dit gerus. Miskien vir nou net vers 32: “’n Geduldige mens het meer waarde as ’n bedrewe vegter, ’n mens met selfbeheersing meer as iemand wat ’n stad inneem.” Ondersoek die wys?heid van die Woord, dit sal vir jou tot seën wees!

    (Die skrywer bedien by Northern Cross Fellowship – 083 280 0294.)




    Back to top     Na bo

    © 2001 TygerBurger - alle regte voorbehou.