EK verwys na die brief ‘‘Waar is noodhulp by Tygervallei?’’ (TB, 1 Oktober). Dit is ’n baie ernstige allergie en as sy dit weer beleef kan sy binne minute dood wees. Ek wil graag ’n raad gee wat goed werk.
My vrou het baie jare terug so ’n reaksie gekry nadat sy mango’s geëet het terwyl ons op pad was tussen Kimberley en Windhoek. Haar hele gesig het onherkenbaar opgeswel en daarna het sy moeilik begin asemhaal tot dit ’n worsteling was.
Ek het ’n stem hoor sê: Koeksoda. ’n Paar honderd meter verder was daar ’n plaashuis ’n entjie van die pad af. Ek het na die huis gehardloop en vir die vrou wat tuis was, koeksoda gevra. Ek het ongeveer een eetlepel daarvan met water gemeng en my vrou het dit gedrink. ’n Ent verder het ek haar nog koeksoda gegee. ’n Ruk later was sy reg.
Die volgende dag was sy by die dokter, want sy het geel gesweet op haar arms. Sy diagnose was haar liggaam was vergif, koeksoda was al wat haar kon red.
RULEAUX VAN ZYL
Brackenfell