Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Error processing SSI file
 

Weer
Aktueel
Sport
Vermaak
Artikels
Menings
  • Resepte
  • Kommentaar
  • Briewe
  • Rubrieke
  • Dagboek
    Motors
    Eiendomme
    News24
    Die Burger
    Argief
    MetroBurger
    Sakenuus
     
    Wie's Ons Soek Advertensies
      Aangebied deur:

    08/10/2008 01:09 PM - (SA)
    Talle T’bergse meisies in span
    SAREL BURGER


    NET twee Tygerbergse seuns het die WP se o.19-krieketspan gehaal wat in Desember in Port Elizabeth aan die Coca-Cola-week gaan deelneem. Maar in die Kapenaars se o.19-meisiespan is nie minder nie as sewe Tygerbergers.

    Handre Theron (HS Durbanville) en Beuren Hendricks (Bellville-klub) is die plaaslike verteenwoordigers in die seunspan, terwyl Madeleine Hattingh, Anzel Wilson (albei Brackenfell), Nicole Hendricks (The Settlers), Felicity Jackson (Forest Heights), Richa van Eck (D.F. Malan), Melinde Taljaard (Stellenberg) en Leche Bester (President) die o.19-meisiespan sal verteenwoordig by die nasionale toernooi in Durban.

    In die WP se o.17-span vir die nasionale toernooi in Pietermaritzburg is ook net twee Tygerbergers, Bradley Barnes (Fairmont) en Damian de Allende (Milnerton). Die enigste plaaslike man in die WP se o.15-span is Marvin Orie (HTS Bellville).

    Altesame agt spelers uit hierdie streek is darem ingesluit in die WP se twee o.13-spanne. Brian Edwards, Warren Stoman (albei Bellville-klub), Gregory Oliver (LS Simonsberg) en Reinardt Swart (LS Gene Louw) het plek gekry in die A-span vir die Standard Bank-week in Pretoria. Michael Cursons, Pieter Rossouw (albei LS Kenridge), Tayo Walbrugh en Devon van Rensburg (Skiereiland-krieketakademie) sal vir die B-span uitdraf.

    In die o.11-groep is die Tygerbergstreek selfs beter verteenwoordig. Nie minder nie as 13 van die 24 spelers is in Tygerbergse skole. Hulle Caleb Christian, Travis Rossouw (albei Monte Vista), Hugo Lombard (Brackenfell), Francois Schutte (Panorama), Niel Theron (Totius), Ayden van Eeden (Welgemoed), Liam Blumeris (Durbanville), Tristan de Beer (Gene Louw), Dylan Edwards (Kenridge), Dyllan Matthews (Bosmansdam), Stiaan van Niekerk (Parow-Wes), Justin Vercuil (Boston) en Kyle Verreyne (Edgemead).




    Back to top     Na bo

    © 2001 TygerBurger - alle regte voorbehou.