Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Error processing SSI file
 

Weer
Aktueel
Sport
Vermaak
Artikels
Menings
  • Resepte
  • Kommentaar
  • Briewe
  • Rubrieke
  • Dagboek
    Motors
    Eiendomme
    News24
    Die Burger
    Argief
    MetroBurger
    Sakenuus
     
    Wie's Ons Soek Advertensies
      Aangebied deur:

    08/10/2008 01:09 PM - (SA)
    Groep beroof bejaarde (81) van sentiment
    ALETHEA NIEUWENHUIZEN


    ONDER die voorwendsel dat hulle die vrou soek wat koekies bak, het ’n man en twee vroue hulle goedsmoeds by die voordeur van ’n bejaarde van Oakdale ingewurm en hom van onder meer sentimentele, onvervangbare ringe beroof.

    Daarna het die groepie op die vlug geslaan deur die voordeur se sekerheidshek van buite af toe te sluit en met die sleutel asook die afstandbeheerder van die motorhuis te laat spaander in ’n wit Toyota Cressida.

    TygerBurger het onlangs berig van ’n groep wat bestaan uit ’n man en vrou asook ’n hoog swanger vrou, wat kerke en skole geteiken en hulle beroof of probeer beroof het.

    Die man (81), wat om veiligheidsredes nie sy naam wil verstrek nie, vertel dat hy op Erfenisdag sy buurvrou gegroet het nadat sy by hom koffie gedrink het. Dit was ’n heerlike stil en rustige oggend. Sy hondjie het ’n draai geloop in die tuin en met die ingaan by sy voordeur was die drie mense net daar.

    Die drie, so in hul laat twintigs, was netjies geklee en welsprekend, het hy gesê. Hoewel nie een van die vroue hoog swanger was nie, kon een van hulle swanger gewees het, aldus die man.

    “Die een vrou het rondgesnuffel in die huis en die man het gedreig om my te skiet as ek my teësit. My vingers is gekneus soos hulle my trouring afgeforseer het,” vertel hy.

    Dié ring is sedert sy troudag in 1953 aan sy vinger.

    ’n Sierring wat hy gemaak het van sy vrou se verloofring ná haar dood sowat ses jaar gelede, is ook van sy vingers afgesteel. Die ring is onlangs vir R20 000 gewaardeer. Volgens hom is die twee ringe onvervangbaar omdat dit deur die geslagte geërf word.

    Die groep het sy nuwe selfoon, wat drie maande gelede opgegradeer is, uit sy hempsak gesteel en ook sy beursie met meer as R600 kontant agter uit sy broeksak. Hulle het genadiglik ingewillig om sy rybewys en beursie aan hom terug te gee nadat hulle die kontant geneem het.

    By sy eetkamertafel waar hy altyd sit en werk, is sy ingevoerde biltongmes gesteel, asook ’n nuwe klein alarm wat hy vir veiligheid saam met hom dra, en “skree dat hy bars”, het die man vertel. Hy vermoed die booswigte moet kennis dra van die soort alarm omdat hulle daarop afgepyl het.

    Hy was vir omtrent twee tot drie dae bewerig ná die voorval, het die man gesê. Sy hele erf is ommuur en hy het veiligheidshekke.

    ’n Woordvoerder van die Bellville-polisie, kapt. Fienie Nimb, het bevestig soortgelyke voorvalle is by hulle aangemeld en gesê die polisie dra ook kennis van soortgelyke voorvalle in ander gebiede. Voorvalle is ook aangemeld waar die groep uit vier mense bestaan. Sy het mense gewaarsku om nie te aanvaar netjiese, welsprekende mense hou nie ’n potensiële gevaar in nie.




    Back to top     Na bo

    © 2001 TygerBurger - alle regte voorbehou.