Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Error processing SSI file
 

Weer
Aktueel
Sport
Vermaak
Artikels
Menings
  • Resepte
  • Kommentaar
  • Briewe
  • Rubrieke
  • Dagboek
    Motors
    Eiendomme
    News24
    Die Burger
    Argief
    MetroBurger
    Sakenuus
     
    Wie's Ons Soek Advertensies
      Aangebied deur:

    08/10/2008 01:09 PM - (SA)
    Tik steeds die vloek
    MARILIZE HANSEN


    DIE misdaadstatistiek vir Bellville-Suid se polisiëringsgebied wat einde September bekendgemaak is, dui aan dat veral huisbrake en inbrake by besighede ’n groot bekommernis is.

    Supt. Angela Frans, stasiebevelvoerder van die Bellville-Suid polisie, sê die statistiek is van op toepassing op die tydperk April tot Augustus vanjaar. Die resultate van die statistiek hou verband met ’n misdaadvoorkomingsprogram van die polisiekantoor wat vandeesmaand van stapel loop.

    ’n Vergadering om dié program te bespreek, word op 16 Oktober gehou en verskeie rolspelers wat betrokke sal wees sluit in die plaaslike polisie, staatsdepartemente, ander wetstoepassingsdepartemente en plaaslike ondernemings en organisasies.

    Frans bespreek die data en sê die grootste rede vir huisbrake is dwelms, veral tik. “Tik laat die mense steel. Hulle sal enigiets steel, vanaf koper tot posbusse en krane,” sê sy.

    Frans sê die polisie fokus op huisbrake deurdat hulle gereeld stop en ondersoek. Veral by mense wat in die nag rondloop, is al baie gesteelde items gekry wat dan terugbesorg is aan die eienaars.

    Volgens Frans is groot sukses al met die huisbrake behaal, maar sy sê die polisie sal meer moet doen om plaaslike besighede aan die polisie se kant te kry.

    “Vir baie van hulle gaan dit oor die wins wat die besigheid maak en hulle het versekering as items gesteel word, maar vir die polisie gaan dit oor statistiek. Ons sal meer van die polisie se kant moet uitreik na die besighede,” sê sy.

    Frans sê baie van die veiligheidsbeamptes by besighede werk goed saam met die polisie, maar dit blyk dat die inbrekers die wagte en hul bewegings dophou. Sy sê ook dit blyk dat indien ’n onderneming saam met die polisie begin werk, is die inbrekers geneig om aan te beweeg en ’n volgende slagoffer te teiken.

    Op die gebied van gesinsgeweld het gewone aanrandings toegeneem. Frans moedig gemeenskapslede wat slagoffers van gesinsgeweld is aan om aansoek te doen om ’n beskermingsbevel.

    Aanrandings met die doel om ernstig te beseer, met ander woorde waar ’n wond opgedoen is byvoorbeeld deur ’n mes, is meestal alkoholverband. “Die meeste van Bellville-Suid se mense kuier by die huis. Smokkelhuise dra by tot die drankmisbruik, daarom moet ons as polisie saam met die mense staan en die smokkelhuise uitroei,” sê Frans.

    Die meeste van die rowe vind plaas op die hoek van Modderdamweg en Caledonstraat in die rigting van Bellville-stasie.

    “Mense moet tog versigtig wees en liewer in ’n groep stap, veral skoolkinders. Die mense moet ook waak om nie oor die spoorlyn te stap nie, veral vroegoggend,” sê Frans. Sy sê dat hoewel rooftogte nie toegeneem het nie, is dit steeds ’n bron van kommer en dat veral selfone geroof word.

    Frans bedank die gemeenskap vir hul goeie samewerking en vir inligting wat deurgegee word aan die polisie. Sy nooi enigiemand wat probleme ondervind om haar te kom sien.

    Me. Mary Carelse, voorsitter van Bellville-Suid se gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), doen ’n beroep op die gemeenskap om meer betrokke te raak en die GPF-vergaderings by te woon. Sy vra veral afgevaardigdes van skole om betrokke te raak.

    Mnr. Glen Kleinsmith, raadslid van Bellville-Suid, sê as raadslid vir die wyk is hy baie ingenome met die relatief lae misdaadsyfer in die gebied.

    “Dit is moontlik gemaak deur goeie polisiewerk in samewerking met die plaaslike gemeenskap,” sê hy.

    “Ek is veral bly om te sien ernstige misdade soos verkragting en moord is onder beheer. Ek wil egter ’n beroep doen op die plaaslike polisielede om voort te bou op hul sukses en nie te verslap nie. Gemeenskapslede moet ook meer betrokke raak by plaaslike strukture soos die polisieforums en sektorforums,” sê hy.

    Hy sê die toename in huisbrake en aanrandings is ’n bekommernis, veral omdat vele huiseienaars in Bellville-Suid bejaarders is.

    Hy maan inwoners om verantwoordelik te drink en dwelmhuise uit te wys aan die polisie.

    Kontak Bellville-Suid se polisiekantoor by 021 950 1306/7 of skakel 10111 vir jou naaste polisiekantoor.




    Back to top     Na bo

    © 2001 TygerBurger - alle regte voorbehou.