Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Error processing SSI file
 

Weer
Aktueel
Sport
Vermaak
Artikels
Menings
  • Resepte
  • Kommentaar
  • Briewe
  • Rubrieke
  • Dagboek
    Motors
    Eiendomme
    News24
    Die Burger
    Argief
    MetroBurger
    Sakenuus
     
    Wie's Ons Soek Advertensies
      Aangebied deur:

    03/09/2008 01:37 PM - (SA)
    Scottsdene spog met blink rekord
    SAREL BURGER


    GEEN skolerugbyspan kan met ’n blinker jaar spog nie as die HS Scottsdene se o.19-span.

    Die Kraaifontein-manne het verlede Dinsdag TygerBurger se seweman-toernooi gewen en het met hul oorwinning oor Bernadino Heights in Donderdag se laaste ligawedstryd hul onoorwonne status oor vier jaar behou.

    Hierdie span van Scottsdene het sedert sy o.14-seisoen in 2005 sowat 65 keer saam?gespeel en nie ’n enkele keer die kous oor die kop gekry nie.

    “Die manne het oor die vier jaar ’n goeie verstandhouding opgebou,” verduidelik Peter Links, afrigter.

    “Hulle het ’n speel?patroon ontwikkel wat hulle die een oorwinning na die ander laat inryg het.”

    Vaart en beweeglikheid is kenmerke van hul spel. Hoewel die voorspelers aan die ligte kant was, het hulle tog nooit vir die teenstanders teruggedeins nie, vertel Links. En voeg by dat hulle glad nie stewige, swaar slotte het nie – twee losvoorspelers het inderwaarheid deurentyd in die slotposisie diens gedoen!

    Scottsdene het Bernadino Heights in hul uitgestelde wedstryd ’n afranseling van 51-10 gegee.

    By die toernooi van die HS President verlede Woensdag het D.F. Malan die gasheerspan 17-3 geklop, terwyl Durbanville met ’n drie in die doodsnikke Milnerton 13-12 geklop het. Table View was met 7-0 baas teen Fairbairn.




    Back to top     Na bo

    © 2001 TygerBurger - alle regte voorbehou.