DIE HS Scottsdene het verlede Dinsdag tydens
TygerBurger se jaarlikse seweman-rugbytoernooi vir o.19-spanne die een gunsteling na die ander uit sy pad gevee en is uiteindelik as kam?pioen gekroon.
Ná oortuigende seges oor Stellenberg en Monumentpark het die Kraaifontein-span in die halfeindronde met Scottsville en Kasselsvlei klaargespeel. In die eindstryd het Scottsdene vir Durbanville (wat ook op verrassende wyse die eindstryd gehaal het) ’n pak slae van 35-14 gegee.
Die volledige uitslae is:
Ronde 1: HS Bellville k Bernadino Heights 22-5, k J.G Meiring 12-0; Durbanville k HS Tygerberg 24-7, k Scottsville B 17-12; Bellville-Suid k HTS Bellville 24-12, k Tygerberg-klub 17-7; Kasselsvlei k Brackenfell 19-0, k Jan Kriel 29-0; Scottsdene k Stellenberg 24-5, k Monumentpark 28-5; Scottsville A k De Kuilen 40-5, k Fairmont 43-0; Brackenfell k Jan Kriel 29-7; HS Tygerberg k Scottsville B 38-7; De Kuilen k Fairmont 26-12; Monumentpark k Stellenberg 14-12; Tygerberg-klub k HTS Bellville 21-15; Bernadino Heights k J.G. Meiring 22-12. Halfeindronde:Durbanvillle en HS Bellville gel. 12-12; Bellville-Suid k HS Bellville 21-10; Durbanville k Bellville-Suid 12-7; Scottsdene k Kasselsvlei 35-7; k Scottsville 19-7; Scottsville k Kasselsvlei 38-5.
Eindstryd:
Scottsdene k Durbanville 35-14.
. Die Tygerbergstreek se junior spanne kon Saterdag nie hond haar-af maak in drie ander toernooie nie, met Paul Roos en HJS Paarl wat die botoon gevoer het. In die HS Brackenfell se o.16-toernooi het Scottsdene nietemin die eindstryd gehaal. Stellenberg het van die Tygerbergse o.15-spanne die beste by die HS Monumentpark-toernooi gevaar deur eers in die halfeindronde uitgeskakel te word. In die groot saamtrek van o.14-spanne by die HS Durbanville se Peter Buttner-toernooi is Brackenfell en D.F. Malan in die halfeindronde getroef.