Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Error processing SSI file
 

Weer
Aktueel
Sport
Vermaak
Artikels
Menings
  • Resepte
  • Kommentaar
  • Briewe
  • Rubrieke
  • Dagboek
    Motors
    Eiendomme
    News24
    Die Burger
    Argief
    MetroBurger
    Sakenuus
     
    Wie's Ons Soek Advertensies
      Aangebied deur:

    03/09/2008 01:37 PM - (SA)
    Laat motorfietse brul in Overberg


    MOTO Avontuur en Burger Buite nooi almal om op 26 September met hul dubbeldoel-motorfietse en -voertuie al vroegdag (08:00) by Landers Landing in Klapmuts te wees vir nog ’n onvergeetlike rit.

    Die rit sal ook dien as geldinsameling vir Die Burger se Kersfonds.

    Van Klapmuts af sal daar oor die Franshoekpas, grondpad al tussen die plase, tot naby Botrivier/Caledon gery word. Op Caledon sal daar gestop word, waarna daar op die grondpaaie van die pragtige Overberg-distrik tussen die lappe canola gery sal word.

    By Malgas word asemgeskep, waar al die motorfietse en voertuie oor die pont (die Breede-rivier) vervoer sal word. Die pont is die enigste mens-aangedrewe pont in die land. Van die pont af word tot in Witsand gery.

    Witsand is baie bekend vir sy walvisse. Tussen Junie en November is die tyd wat hulle Witsand besoek.

    By die Breede Rivier Lodge sal aandete op die ryers wag, met ’n asemrowende uitsig oor die Breede?rivier-mond en die Atlantiese Oseaan.

    Om die rit vir almal moontlik te maak, gaan daar weer ’n bus saam wat 24 passasiers kan vervoer.

    Om jou plek te verseker vir ’n ongelooflike en avontuurlike rit met jou gesin, hetsy met motor of ’n dubbeldoel-motorfiets, bespreek vroeg om teleurstelling te voorkom. Kontak Mouton van Zyl by 082 658 2795 vir verdere inligting of bespreek direk by gsteyn@dieburger.com




    Back to top     Na bo

    © 2001 TygerBurger - alle regte voorbehou.