Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Weer
Aktueel
Sport
Vermaak
Artikels
Menings
  • Resepte
  • Kommentaar
  • Briewe
  • Rubrieke
  • Dagboek
    Motors
    Eiendomme
    News24
    Die Burger
    Argief
    MetroBurger
    Sakenuus
     
    Wie's Ons Soek Advertensies
      Aangebied deur:

    03/09/2008 01:37 PM - (SA)
    Kontantkopers volop


    TOT 50% van alle kopers betaal kontant wanneer hulle eiendom in Kaapstad se noordelike voorstede koop.

    Mariana Vercueil van die plaaslike RealNet-kantoor sê dat die eiendomsmark in die gebied lewendiger as in maande is. “Maar die verrassendste element is dat ons talle kontantkopers sien.

    “Kontantkopers beskou klaarblyklik eiendom as ’n goeie kopie en verkies om in steen en sement eerder as in aandele te belê. En in die heersende mark kraai kontant beslis koning – mense wat kontant kan betaal is in ’n uitstekende posisie om winskopies op te raap en laer pryse te beding.

    “Verkopers besef hoeveel makliker ’n kontanttransaksie is en ons het transaksies behartig waar verkopers effens laer kontantaanbiedinge bo ’n hoër aanbod onderhewig aan verbandfinansiering verkies het.”

    Vercueil sê die mark bly besig danksy plaaslike kopers wat druk op pryse benut om te verbeter.

    “’n Redelike persentasie kopers is ook hierheen verplaas en danksy RealNet se wye blootstelling op die web kry ons boonop heelwat navrae van buitelandse kopers. Gebiede soos Plattekloof en omgewing, Goodwood en Parow is gewild danksy goeie toegang tot hoofroetes, die middestad, die internasionale lughawe, skole en mediese en inkopiegeriewe,” sê sy.




    Back to top     Na bo

    © 2001 TygerBurger - alle regte voorbehou.