Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Error processing SSI file
 

Weer
Aktueel
Sport
Vermaak
Artikels
Menings
  • Resepte
  • Kommentaar
  • Briewe
  • Rubrieke
  • Dagboek
    Motors
    Eiendomme
    News24
    Die Burger
    Argief
    MetroBurger
    Sakenuus
     
    Wie's Ons Soek Advertensies
      Aangebied deur:

    03/09/2008 01:37 PM - (SA)
    Moeitevry en landelik met volop ruimte


    VANDEESWEEK se toonhuis van die week is geleë in die landelike D’urbanvale-gebied in die klein eksklusiewe sekuriteitskompleks, Charlesville.

    Die kompleks word beveilig deur ’n veiligheidshek wat groter gemoedsrus vir die koper bied.

    Die eiendom word eksklusief bemark deur Manja Kritzinger van Realtors International vir R1 390 000.

    Die woning bied ruimte en styl vir die kieskeurige koper vir wie die landelike gevoel ’n prioriteit is. Die grootte van die huis is 153 m² en die erf is 332 m².

    Hierdie oulike siersteendorpshuis verg min onderhoud, wat ideaal is vir die persoon met min tyd tot sy beskikking vir tydrowende onderhoudswerk.

    Binne-in word ’n warm, huislike atmosfeer geskep met roomkleurige mure en terracotta-teëls. Die netjiese leefarea is oopplan en lei na die moderne kombuis met houtkaste in ’n ligte kleur en ’n aparte opwasarea.

    Die leefareas vloei uit op die patio en die tuintjie, wat verder bydra tot ’n huislike atmosfeer. Die eiendom het drie besonderse ruim slaapkamers met volvloermatte en baie kaste. Die hoofslaapkamer is ook besonder ruim. Daar is ook twee badkamers.

    ’n Ruim dubbelgangkas is ’n gerieflike pluspunt van die huis.

    Besoek dié skouhuis Sondag van 14:00 tot 17:00.wees. Bel Manja Kritzinger van Realtor Eiendomme Durbanville, by 082 566 2974 of by 021 975 5720 (k).




    Back to top     Na bo

    © 2001 TygerBurger - alle regte voorbehou.