Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Error processing SSI file
 

Weer
Aktueel
Sport
Vermaak
Artikels
Menings
  • Resepte
  • Kommentaar
  • Briewe
  • Rubrieke
  • Dagboek
    Motors
    Eiendomme
    News24
    Die Burger
    Argief
    MetroBurger
    Sakenuus
     
    Wie's Ons Soek Advertensies
      Aangebied deur:

    03/09/2008 01:37 PM - (SA)
    Bouregulasies is propvol krake


    REGULASIES vir boustandaarde van woonhuise moet drasties hersien word om die beleggings van multi-miljoen rand van huiseienaars te beskerm, sê ’n kenner in die eiendomsbedryf.

    “Ons het almal skrikwekkende stories gehoor van nuwe huise wat binne ’n paar maande groot herstelwerk nodig het. Kortpaadjies en werk van lae standaard kom klaarblyklik al hoe wyer voor.

    “Die bestaande beperkte inspeksieprogram wat deur die Nasionale Registrasieraad vir Huisbouers (NHBRC) bestuur word, is bloot nie meer goed genoeg nie en daar bestaan ’n wesenlike gevaar dat ons toekomstige duur krotbuurte skep wanneer ons konstruksiestandaarde nie hoog genoeg is nie,” sê Gerhard Kotzé, uitvoerende hoof van die eiendomsgroep ERA Suid-Afrika.

    Kotzé het gereageer op gerugte van nuwe wetgewing om huiseienaars teen swak strukturele standaarde en verwante aangeleenthede te beskerm – gerugte wat deur ’n woordvoerder van die NHBRC ontken is.

    “Die ontkenning is teleurstellend in die lig van hoe swak ons vergelyk met strukturele en verwante inspeksies wat in Brittanje, Kanada en dele van Amerika gedoen word,” sê Kotzé.

    “Die NHBRC se waarborg handel slegs oor minimum standaarde rakende sterkte, stabiliteit en diensbaarheid, weerstand teen reënindringing, beskerming teen gevaarlike stowwe en die strukturele stabiliteit van ’n eenheid in aanbou. Dit het verder ook slegs betrekking op huise waarvoor verbande toegestaan kan word en wat deur ’n geregistreerde NHBRC-bouer gebou word – wat waarskynlik talle projekte deur die net laat glip.

    “Dit is duidelik nodig om spesialiste in die private sektor te betrek om eerstens die lading op die NHBRC-inspekteurs te verlig en tweedens om wyer inspeksies te doen.

    “Daar bestaan ’n wanindruk onder verbruikers dat daar tussen die banke en die NHBRC voldoende wetlike en geldelike beskerming teen swak konstruksiewerk is. Ons skiet in dié opsig ver tekort en ’n mens kan net hoop daar kom wel veranderings.”




    Back to top     Na bo

    © 2001 TygerBurger - alle regte voorbehou.