Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Weer
Aktueel
Sport
Vermaak
Artikels
Menings
  • Resepte
  • Kommentaar
  • Briewe
  • Rubrieke
  • Dagboek
    Motors
    Eiendomme
    News24
    Die Burger
    Argief
    MetroBurger
    Sakenuus
     
    Wie's Ons Soek Advertensies
      Aangebied deur:

    03/09/2008 01:36 PM - (SA)
    Bende stééds doenig
    ALETHEA NIEUWENHUIZEN


    DIE nou reeds berugte rowerbende met die hoog swanger vrou het weer toegeslaan. Hierdie keer by ’n remediërende skool in Bellville waar al die eiers van ’n broeiende ganswyfie in die slag gebly het en die groep ook die vermetelheid gehad het om boonop ’n sak vol vuil wasgoed te steel.

    Soos in ’n ander geval by ’n kleuterskool het die groep die Dinsdagmiddag laat verlede week ’n aansoekvorm vir die skool kom soek en in die proses ’n onbemande skuifdeur oopgesluit. Hulle het later die nag toegang deur dieselfde skuifdeur gekry nadat hulle oor ’n buurman se muur gespring en bo-op die ganswyfie se nes beland het.

    Me. Marietjie Lemley, hoof van die Vredelust College in Vredelust, het aan Tygerburger gesê sy het presies dieselfde ervaring gehad as wat vroeër oor die rowerbende berig is.

    Die middag so tussen 17:00 en 17:30 het die vrou en twee mans die skool genader om ’n aansoekvorm te kry en het daarna die terrein verlaat. Sy het toe haar nasorgkinders by hul huise gaan aflaai, maar haar assistente was nog by die skool. ’n Sielkundige het ook ’n praktyk op die perseel en was nog besig met konsultasies.

    Lemley vermoed die veiligheidshek was dalk nie goed toegemaak deur een van die sielkundige se kliënte nie, want die groep het weer toegang tot die skool gekry.

    Die sielkundige het toe “al haar dae gehad” om die groep van die perseel af te kry, want die een wou water hê terwyl die ander een die badkamer wou gebruik. Dit was al byna donker teen daardie tyd, vertel Lemley.

    Die volgende oggend om 07:00 het hulle ontdek die skool se CD-spelers, die werkers se warm klere, ’n juffrou se kitaar wat baie sentimentele waarde het asook die kinders se skryfbehoeftes is weg. En in die kombuis was die sak vol vuil klere ook skoonveld.

    Dis toe dat hulle ontdek die skuifdeur, wat op die skool se gedeelte van die perseel is, is op ’n skrefie oop.

    Die groep het toe natuurlik maklik hul buit verwyder deur die elektroniese hekke van binne die skool oop te maak, het Lemley gesê.

    Lemley bel toe haar buurman, ’n polisieman. Buurman deel haar mee dat hy wel die vorige nag wakker geraak het van iemand wat oor sy muur na die skool se kant toe gespring het, maar dat hy niks kon sien nie.

    Die skoolperseel is beveilig met elektriese omheining behalwe die gedeelte tussen haar en die buurman, het Lemley gesê.

    Volgens haar het hulle nog diertjies op die speelterrein en was die kinders veral ontsteld oor die ganseiers wat stukkend getrap was.

    Insp. Gerhard Niemand, woordvoerder van Kraaifontein-polisie, het bevestig dat niemand nog in hegtenis geneem is nie. Hy het ’n beroep gedoen op mense om die ondersoekbeampte in die saak, insp. Dirkie van Renen, te bel by 021 980 5500 met inligting sodat ’n identikit van die groep saamgestel kan word.




    Back to top     Na bo

    © 2001 TygerBurger - alle regte voorbehou.