Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Weer
Aktueel
Sport
Vermaak
Artikels
Menings
  • Resepte
  • Kommentaar
  • Briewe
  • Rubrieke
  • Dagboek
    Motors
    Eiendomme
    News24
    Die Burger
    Argief
    MetroBurger
    Sakenuus
     
    Wie's Ons Soek Advertensies
      Aangebied deur:

    23/07/2008 01:00 PM - (SA)
    Klou vas aan jou huis – daar ís raad


    MOEDELOSE huiseienaars wie se finansiële sekuriteit tans onder druk is weens onder meer stygende rentekoerse, moet nie uit die oog verloor nie dat daar wel sekere oplossings is om die gedwonge verkoping van hul wonings te verhinder.

    “Verkoop dus slegs jou huis indien jy geen ander keuse het nie, want rentekoerse sal weer in die toekoms stabiliseer,” sê mnr. Jurgens Tubb, direkteur van MHI, ’n prokureursfirma in Tygervallei.

    Huiseienaars kan die volgende stappe oorweeg om só hul finansiële uitdagings beter te bestuur:

    Sit meer geld in jou sak deur jou huis se leningskoers met jou bank te heronderhandel. Onthou, soos wat jou huis in waarde toeneem, word jy toenemend ’n kleiner risiko vir jou bank, terwyl die uitstaande balans op jou huis ook met verloop van tyd sal daal as gevolg van jou maandelikse terugbetalings.

    Verleng die afbetalingstermyn van jou huislening om so jou maandelikse terugbetalings te verminder. Hoewel dit op die langer termyn meer aan rente sal kos, kan so ’n tussentydse reëling help om seker te maak dat jy nie gedwing word om jou huis te verkoop nie.

    Skep ekstra geld deur ’n goedkoper motor te oorweeg. Neem in ag dat terwyl jou huis ’n bate is wat met verloop van tyd in waarde toeneem, die herverkoopwaarde van ’n voertuig maandeliks daal.

    Verhuur ’n spaar- of buitekamer by jou huis. Hoewel dit ongerieflik kan wees, kan dié ekstra inkomste dalk net die maandelikse terugbetalingstekort op jou huis aanvul.

    Besnoei op luukshede en ander artikels soos jou selfoon, telefoon- en elektrisiteitskoste. Met ander woorde: bestuur jou begroting beter om jou finansiële tekorte aan te vul.

    Indien alles faal, oorweeg ’n kleiner woning. Hou egter in gedagte dat die aankoop van ’n ander huis verdere koste sal inhou soos onder meer verhuisingsuitgawes.

    “Hoewel hierdie opsies voor die hand liggend klink, kan dit dalk net uitkoms bied aan daardie huiseienaars wat tans sukkel om hul huislenings by te bring. Doen dus alles in jou vermoë om nie goedsmoeds van jou grootste ekonomiese bate ontslae te raak te midde van die strawwe ekonomiese tye waarin ons nou leef nie,” sê Tubb.




    Back to top     Na bo

    © 2001 TygerBurger - alle regte voorbehou.