DIE werk is met groot lof besing ná optredes by die KKNK en, meer onlangs, die Vleis, Rys en Aartappelfees by die Baxter-teater.
Nou kom Elders aan diens na die noordelike voorstede en op 3 September kan musiek?teater?liefhebbers die onderwerp “Jeanne Goosen” eerstehands ervaar.
Elders aan Diens is ’n kabaret wat hierdie rubriekskrywer, digter, skrywer en dramaturg as tema het. Uit Goosen se eie – skerpsnyend kreatiewe – pen.
Dit is geskoei op ’n bundel gedigte met dieselfde titel waarin Goosen skryf oor haar ouers, kreatiwiteit en honde.
Die rolspelers wat die werk op die verhoog tot lewe bring deur woordkuns, sang en dans is ’n gedugte trio.
Nicole Holm vertolk die rol van Goosen met die sangeres Luna en aktrise Frieda van der Heever agter die klawers en mikrofoon.
Die regie word behartig deur Albert Maritz.
Of jy ’n leser van Goosen se rubrieke is of ’n voorliefde vir haar skryfwerk het, is Elders aan Diens ’n móét. Is Goosen aan jou onbekend, is dit nóú die kans om haar vir die eerste keer te ontmoet ...
Sien Elders aan Diens op 3 September by Die Boer in Durbanville.
Koste: R70.
Bespreek plek vir die vertoning by 021 979 1911.