AS gemoedsrus in ’n stylvolle gevestigde kompleks is waarna jy soek, sal dié pragtige eietitel-meenthuis vir dié wat wil “afskaal” ’n pynlose oorgangsproses wees.
Die 235 m²-woning bied al die akkommodasie en die onthaalvertrekke van ’n standaardwoonhuis, sonder dat onderhoud en meegaande verantwoordelikhede dinge bederf.
Die erf van 355 m² is goed benut en is privaat. Die huis is geleë in Hibiscuspark in die boomryke Hibiscusstraat in Proteaville, Durbanville. Die ligging bied ideale toegang tot nabygeleë inkopiesentrums en die Durbanville Medi-Clinic wat binne ’n paar minute bereik kan word.
Die siersteenwoning bied gemaklike vloei vanaf die formele sitkamer na die eetkamer en die huis bied ’n pragtige gemoderniseerde kombuis. ’n TV-kamer skakel in by ’n heerlike beskutte braaistoep by ’n klein swembadjie. Die grondvloer bied ook ’n studeerkamer wat vloei na ’n klein geplaveide area, asook ’n gastekamer met ’n stort en toilet. Die hoofslaapkamer met sy volle badkamer is ook op die grondvlak geleë.
Op die boonste vlak is twee slaapkamers, een met ’n balkon en een met ’n badkamer.
Die woning is in die algemeen ruim en lig en daar is ook lugversorging in die sitkamer en hoofslaapkamer.
Die kompleks is uitstekend beveilig, en die woning het ook ’n alarmstelsel. Die ge- outomatiseerde dubbelmotorhuis bied direkte toegang na die huis en bevat ook wasgeriewe.
Die eiendom word deur Tania Janse van Rensburg van Milieu Eiendomme bemark vir R2 295 000. Skakel 021 976 3662 vir ’n afspraak in werksure of 079 892 4240.