Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Error processing SSI file
 

Weer
Aktueel
Sport
Vermaak
Artikels
Menings
  • Resepte
  • Kommentaar
  • Briewe
  • Rubrieke
  • Dagboek
    Motors
    Eiendomme
    News24
    Die Burger
    Argief
    MetroBurger
    Sakenuus
     
    Wie's Ons Soek Advertensies
      Aangebied deur:

    08/10/2008 01:09 PM - (SA)
    Kyk objektief na ’n woonbuurt vóórdat jy koop


    ALMAL wat al na ’n huis gesoek het om te koop, ken waarskynlik die skielike gewaarwording dat ’n huis nommerpas is sodra hulle oor die drumpel tree.

    Maar, sê mnr. Martin Schult?heiss, uitvoerende hoof van die Homenet-groep, hoewel instink ’n belangrike rol speel is dit nogtans belangrik om objektief te wees oor die gebied waarin dit geleë is. ’n Droomhuis kan gou in ’n wit olifant verander as die buurt vervalle raak. “In dié opsig sal ’n ervare eiendomsagent nuttige inligting kan verskaf oor ’n gebied se vooruitsigte. Welvarende skole met ’n sterk leerlingtal kan byvoorbeeld ’n goeie aanduiding van ’n gebied se vooruitsigte gee. Skole wat uitblink, weerspieël ’n aktiewe en dinamiese gemeenskap wat op sy beurt aanleiding gee tot ’n vraag na vermaaklikheids- en sakenodes.”

    Plaaslike inkopiesentrums gee ook ’n goeie aanduiding van hoe gemeenskappe vaar. ’n Skoon sentrum wat goed onderhou is dui op ’n welvarende gebied terwyl verwaarloosde winkels of sluitingsuitverkopings nie ’n goeie teken is nie.

    Die soort winkel is ook belangrik, sê Schultheiss. Gevestigde winkels wat ’n goeie toeloop geniet en luukse produkte in voorraad hou, is ’n teken van stabiliteit en voorspoed. Winkels wat talle gebruikte ware verkoop en geriefswinkels met lae voorraadvlakke behoort die gevaarligte te laat flikker.

    “Residensiële en handelsontwikkeling in die buurt dui ook op vertroue in die gebied. ’n Buurt wat verval word gewoonlik deur ontwikkelaars vermy. En, net soos die geval met winkels, dui die soort ontwikkeling ook aan hoe ’n buurt vaar.”

    Kopers moet ook in gedagte hou dat dit beter is om ’n kleiner of goedkoper huis in ’n goeie buurt te koop as ’n groter huis in ’n minder gegoede buurt. Dit verminder ’n koper se risiko en verbeter die vooruitsigte vir ’n gesonde opbrengs op belegging.

    Laastens, sê hy, behoort kopers ook te vra vir ’n omvattende markontleding van die eiendom wat hulle in die oog het.




    Back to top     Na bo

    © 2001 TygerBurger - alle regte voorbehou.