DIE toonhuis vandeesweek is ’n karaktervolle, eie-titel-dorpshuis in ’n pragkompleks naby ’n klein inkopiesentrum en die NG kerk Bergsig. Dié kenmerkende groen sementteëldakke, wit aluminium vensterrame en rooi siersteenwonings verseker baie lae onderhoud. Die goedversorgde tuine en volop ruimte skep ’n rustige, landelike atmosfeer. Daar is ook net 21 huise in die kompleks. Uitstekende beveiliging bestaan onder meer uit ’n heining en veiligheidsdeure.
Die baie groot sit- en eetkamer vorm ’n oopplanvertrek met die kombuis. Dié leefvertrek huisves met gemak ’n baie groot eetkamertafel en skakel in met die braaikamer, wat ’n besondere vergroting van die leefarea meebring. Uit die braaikamer lei ’n aluminium-skuifdeur na ’n beskutte tuintjie.
Die kombuis het voldoende ingeboude kaste, ingeboude stoof, oond en ’n uitsuigwaaier van vlekvrye staal. Die werkoppervlakte in die kombuis is van melamien. Daar is ook plek vir ’n skottelgoedwasser. In die dubbel motorhuis is voorsiening gemaak vir die wasgeriewe, wasmasjien, tuimeldroër, asook plek vir ekstra yskaste. Die motorhuis het geoutomatiseerde deure terwyl die ruim hoofslaapkamer volop ingeboude kaste met ’n wasbak, stort en toilet het. Die ander twee slaapkamers word ook bedien deur ’n volledige en keurige badkamer. ’n Soldervertrek uit die derde slaapkamer bied baie welkome ekstra pakruimte.
Die erf beslaan 358 m² en die woning 171 m². Die eiendom word deur Milieu Eiendomme bemark vir R1 350 000.
Die eiendom word ongelukkig nie as skouhuis aangebied nie, maar die publiek is welkom om Erna Janse van Rensburg by 021 976 3662 of 082 891 7672 te bel. Andersins, bel Tania Janse van Rensburg by 079 892 4240 om die eiendom te besigtig.