Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Error processing SSI file
 

Weer
Aktueel
Sport
Vermaak
Artikels
Menings
  • Resepte
  • Kommentaar
  • Briewe
  • Rubrieke
  • Dagboek
    Motors
    Eiendomme
    News24
    Die Burger
    Argief
    MetroBurger
    Sakenuus
     
    Wie's Ons Soek Advertensies
      Aangebied deur:

    01/10/2008 11:30 AM - (SA)
    Rugbytoernooi huldig oudspeler
    SAREL BURGER


    ’n BAIE mooi gebeurtenis het hom die afgelope Saterdag hier in die Tygerbergstreek afgespeel toe die oudleerling-rugbyspanne van agt Tygerbergse skole saamgespan het om ’n oorkoepelende “sambreelliggaam” te vorm en deur middel van ’n toernooi hulde te bring aan die ontslape Marius Moolman.

    Moolman, ’n oudleerling van die Hoërskool President, het as senter vir die Junior Springbokke in Brittanje uitgeblink en is deur kenners, onder wie ook Nick Mallett, die gewese Springbokafrigter, as ’n poten?siële Springbok beskou. Moolman, wat ook verskeie wedstryde vir die WP (junior spanne) en die Boland se Curriebekerspan gespeel het, is in Junie 1997 in ’n motorongeluk oorlede.

    Na sporadiese oudleerling-rugbywedstryde die afgelope jaar of wat, het Arthur Reichhardt en sy komiteelede besluit die tyd is nou ryp om jaarliks ’n oudleerling-toernooi vir spanne in die Tygerberg (asook belangstellende skole buite hierdie streek) aan te bied.

    D.F. Malan was die wenner van Saterdag se saamtrek op die velde van die HS President in Vrijzee. Die ander spanne wat die beste vertoon het, was President, HTS Bellville en Milnerton.

    Die uitslae was: A-groep: Fairburn 0, HS Bellville 0; D.F. Malan 29, Bellville 12; President 12, Fairburn 5; D.F. Malan 14, President 10; Fairburn 7, D.F. Malan 0. B-groep: HTS Bellville 5, Milnerton 5; J.G. Meiring 19, HS Tygerberg 17; J.G. Meiring 37, Milnerton 0, HTS Bellville 5; HS Tygerberg 0, HTS Bellville 7; HTS Bellville 7, J.G. Meiring 5; Milnerton 17, Tygerberg 7.

    In ’n laaste seweman-rugbytoernooi vir uitgenooide skole verlede Woensdag op Ericapark is die HS Excelsior in die laaste sekondes van die eindstryd 15-12 deur die span van Paul Roos Gimnasium geklop.

    Die Stellenbossers en Excelsior het in die halfeindronde met onderskeidelik Scotts?dene en Zandvliet afgereken.




    Back to top     Na bo

    © 2001 TygerBurger - alle regte voorbehou.