Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Error processing SSI file
 

Weer
Aktueel
Sport
Vermaak
Artikels
Menings
  • Resepte
  • Kommentaar
  • Briewe
  • Rubrieke
  • Dagboek
    Motors
    Eiendomme
    News24
    Die Burger
    Argief
    MetroBurger
    Sakenuus
     
    Wie's Ons Soek Advertensies
      Aangebied deur:

    01/10/2008 11:31 AM - (SA)
    Reservaat nou toeganklik vir rolstoele
    ALETHEA NIEUWENHUIZEN


    ’n WANDELPAD in die Tygerberg Natuurreservaat, spesiaal geskep vir gestremdes in rolstoele, is op Erfenisdag in die reservaat ingewy.

    Sowat 500 m lank, begin die pad in die piekniekarea en met twee rolstoelvriendelike tafels en vier uitkykpunte met ’n uitsig oor die Skiereiland en Valsbaai. Een van die uitkykpunte, gedoop die hoekie vir verliefdes, het plek vir twee rolstoele. Gestremdes het nou met hul voertuie toegang tot die piekniekarea met ’n nuwe parkeergebied, spesiaal ingerig vir hulle.

    Die wandelpad is moontlik gemaak danksy die inisiatief van die Friends of the Tygerberg Hills, ’n skenking van materiaal deur die Lafarge-sementmaatskappy, asook die personeel van die natuurreservaat wat gehelp het met die oprigting van die wandelpad. Die Friends of the Tygerberg Hills is by dié geleentheid geloof vir hulle bydrae om die reservaat vir gestremdes toeganklik te maak. As die Friends of the Tygerberg ’n berg toeganklik vir gestremdes kan maak, behoort dit nie ’n probleem te wees om die res van die stad toeganklik te maak vir gestremdes nie, is by die geleentheid gesê.

    ’n Seremoniële lint is geknip om die amptelike opening te vier en die vieringe is afgesluit met die afvuur van kanonskote.

    Die Friends beoog ook om binnekort toiletgeriewe vir gestremdes by die ingang van die reservaat in te rig.




    Back to top     Na bo

    © 2001 TygerBurger - alle regte voorbehou.