Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Weer
Aktueel
Sport
Vermaak
Artikels
Menings
  • Resepte
  • Kommentaar
  • Briewe
  • Rubrieke
  • Dagboek
    Motors
    Eiendomme
    News24
    Die Burger
    Argief
    MetroBurger
    Sakenuus
     
    Wie's Ons Soek Advertensies
      Aangebied deur:

    01/10/2008 11:31 AM - (SA)
    Alta du Toit vier 30 j.


    DIE Alta du Toit Nasorg in Boston vir volwassenes wat intellektueel gestremd is, vier 30 jaar van seën met ’n gala-dinee en optrede deur Sarah Theron op 22 Oktober.

    Van die oorspronklike 25 persone waarmee die sentrum begin is, is daar nog 16 in die nasorg, ook Alta du Toit na wie die sentrum genoem is.

    Die sentrum spog tans met 168 inwoners in 3 koshuise, ’n leefreg-eenheid met 25 inwoners, 88 volwassenes in dagsorg en verskeie ontwikkelingsareas waaronder ’n werkswinkel waar 194 volwassenes daagliks kontrakwerk verrig.

    Die sentrum het uit die Alta du Toit Skool in Kuilsrivier ontwikkel nadat Alta du Toit die skool verlaat het en haar ouers die behoefte geïdentifiseer het vir verdere versorging vir volwassenes wat intellektueel gestremd is.

    Gedurende 1977 is die ou Sonskyn-tehuis in Bellville, waar kinders van ouers wat aan tering gely het en gehuisves is, gekoop deur die destydse Sinodale Kommissie vir die Diens van Barmhartigheid. Die gebou is opgeknap en in Januarie 1978 is die deure van die eerste sentrum vir volwassenes wat intellektueel gestremd is, geopen.

    Die gala-aand in die banketsaal van die Bellville Burgersentrum is die hoogtepunt van ’n jaar se feesviering. Daar sal ook ’n ambassadeur vir die sentrum aangewys word.

    Kaartjies vir die geleentheid kos R200 per persoon. Bel Marina van der Meulen by 021 913 2106.




    Back to top     Na bo

    © 2001 TygerBurger - alle regte voorbehou.