Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

TygerBurger
Weer
Aktueel
Sport
Vermaak
Artikels
Menings
  • Resepte
  • Kommentaar
  • Briewe
  • Rubrieke
  • Dagboek
    Motors
    Eiendomme
    News24
    Die Burger
    Argief
    MetroBurger
    Sakenuus
     
    Wie's Ons Soek Advertensies
      Aangebied deur:

    27/09/2006 03:03 PM - (SA)
    Dief se ware kle(u)re wys
    ESME ERASMUS & CECILIA HUME


    ’n MAN in ’n rooi rok, G-string, opgestopte bra en blonde pruik wat betrap is toe hy na bewering in die middernagtelike ure broodbome in Kraaifontein gesteel het, het vir groot vermaak gesorg.

    Die vermeende broodboomdief, in vroueklere vermom, is deur ’n sekerheidsfirma in Kraaifontein aangekeer.

    In ’n ander voorval, sowat twee maande gelede, is ’n man, ook vermom in vroueklere, by ’n huis in Kenridge op heter daad betrap, maar die man het weggejaag. ’n Boomvaring het kort daarna uit dié tuin voete gekry.

    Volgens mnr. Ruben Myburgh, operasionele hoof van Starforce, het ’n kliënt in Petula?singel in Langeberg Ridge, Kraaifontein voorverlede Vrydag omstreeks 01:48 haar alarm geaktiveer toe haar buurman ’n “vrou” in sy tuin betrap het wat na bewering besig was om broodbome uit sy tuin te steel.

    Die “vrou” het glo gesê dis haar eerste keer en dat sy kinders by die huis het om te versorg en hulle gesmeek om nie die polisie te ontbied nie. Die woedende buurman het die “vrou” aan haar klere vasgegryp. Tot groot verbasing van almal het die “vrou” se opgestopte bra losgekom. Die verdagte was geklee in ’n rooi rok met G-string en het ’n blonde pruik en grimering gedra. Die man het glo gesê hy kom van ’n temapartytjie af.

    Die verdagte het losgeruk en weggehardloop. Starforce en die Kraaifontein-polisie het die verdagte agternagesit. Mnr. Dlelani Nkosipendile van Starforce het die verdagte teen ’n hoë ringmuur vasgekeer en die polisie het hom in hegtenis geneem.

    Plante, waarvan minstens twee groot broodbome, is in die verdagte se wit Golf met ’n CFR-registrasienommer se kattebak gevind. Potplanthouers met kaktusse is ook op die agtersitplek gekry.

    In die voorval in Vineyardlaan, Kenridge het ’n vrou in Julie laatmiddag ’n gekap in haar tuin gehoor. Sy het deur die gordyn geloer en ’n “vrou” met rooi, lang hare en swaar grimering, geklee in ’n kort swart romp en swart kouse, by die broodboom in haar tuin gesien. Sy het uitgehardloop en die “vrou” het vinnig weggehardloop en in ’n wit golf met CFR-registrasie weggejaag.

    Volgens kapt. Gerhard Niemand van die Kraaifontein-polisie het ’n 28-jarige man van Proteahoogte verlede Maandag in verband met die voorval in die hof verskyn. ’n Klag van diefstal word ondersoek, asook die moontlikheid dat hy by ander plantdiefstalle betrokke was. Mense met inligting kan hom bel by 021 980 5500.

    Die saak is tot 4 Oktober uitgestel.




    Back to top     Na bo

    © 2001 TygerBurger - alle regte voorbehou.