Black Leaves het Saterdag een van die grootste verrassings in die Boland gelewer toe hy die sterk span van Ceres op sy tuisveld met 33-16 verpletter het. Black Leaves het baie goed teruggeveg nadat hulle rustyd 7-16 agter was.
Die voor- en agterspelers het goed verdedig om die sterk Ceres span van hul doellyn te hou. Na rustyd het Black Leaves se agterspelers Ceres disnis gehardloop. Die senter Justin Wildschut, vleuel Melvin Tobias en Desmond Rooi het goed gebruik gemaak van hul balbesit.
Black Leaves kan vorentoe net verbeter want hul troefkaarte Marcel Seconna en Pykkan-Meaw sal terug wees. Die A-span het vyf drieë gedruk en verdien bonuspunte. Die B-span wen 8-5. Die C-span verloor 3-26.
Black Leaves A vs Ceres A
Van die afskop het Ceres met mening aangeval. Desmond Rooi het goeie spel op heelagter gelewer. Justin Wildschut het gaan druk wat Rooi versewe het om rustyd 7-16 agter te loop.
Na rustyd het Black Leaves met sy afterlyn begin hardloop. Wildschut het weer gaan druk wat Rooi versewe het om die telling 14-17 te maak. Melvin Tobias het met sy drie Black Leaves vir die eerste keer laat voorloop wat Rooi versewe het om die telling 21-17 te maak. Lood Fourie en Ricardo Maans het die bonusdrieë gaan druk. Rooi het een versewe om die eindtelling 33-16 te maak.