Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
HermanusTimes  

Front Page
News
  • Hard News
  • Environment
  • People
  • Sport
  • Comment
  • Leader
  • Columns
  • Diary
    Tourism
    Contact us
    Schools
    News24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    03/07/2008 03:31 PM - (SA)
    Lekker lewendig


    Dis die skittervertoning waarvoor jy gewag het ?'n ware platinum-optrede deur Die Campbells! Lewendig, by Die Caledon Hotel en Spa op Vrydag 11 Julie om 20:00.

    Die groot markiestent staan reg met sitplekke. Kos, wyn en bier sal te koop wees.

    Bespreek nou by Die Caledon Hotel by 028-214 5323 of kry jou kaartjies by die toerismeburo's van Hermanus, Bredasdorp, Gansbaai, Kleinmond of Villiersdorp. Die Campbells staan bekend as een van die suksesvolste kunstenaarsgroepe wanneer dit by gesinsvermaak kom - ouers en kinders geniet hul musiek.

    Hulle het al in die meeste dorpe en stede in Suid-Afrika opgetree, en sodoende duisende mense vermaak. Hul lewendige vertoning en ritmiese musiek belowe om julle te vermaak soos nog nooit tevore nie.

    Die twee broers Harry en Tony Campbell maak al van kleins af musiek en is gesoute musikante. Hulle het al vier platinum-toekennings en 'n topverkoper DVD onder die belt. Die Campbells kompeteer nie net met die beste in ons land nie, maar ook met die beste in die wêreld.

    Niemand kan aan die publiek voorskryf watter CD's hulle moet koop nie, die publiek sal self besluit, net vir een rede...die Campbells se musiek is lekker lewendig.




    Back to top     Back to top

    © Overberg Media (Pty) Ltd.