Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
HermanusTimes  

Front Page
News
  • Hard News
  • Environment
  • People
  • Sport
  • Comment
  • Leader
  • Columns
  • Diary
    Tourism
    Contact us
    Schools
    News24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    03/07/2008 03:31 PM - (SA)
    Atlantics neem voortou
    WCM Gibson


    Atlantics het Saterdag op Atlantic Park teen Brandvlei Persies gespeel. Die A- en C-spanne het met hul oorwinnings die voortou in die Superliga-Oos van Boland kompetisie geneem. Die C-span wen het 27-3 (bonuspunte). Die B-span verloor 13-17 (1 bonuspunt). Die A-span wen 16.0.

    Atlantics A vs Brandvlei A Dit was 'n harde wedtryd en die Brandvleispan het goeie weerstand gebied. Van die afskop was Atlantics op die aanval en het hulle in Brandvlei se kwart geboer. Ewan Visser wat baie goed geskop het, het die rustydtelling met twee strafskoppe 6-0 gemaak. Na rustyd het beide spanne aanvalle geloods maar rotsvaste verdediging veral deur Atlantics se twee senters Bruce Niemand en Jacobie Hansen het verhoed dat enige punte aangeteken word. Visser het met sy derde strafskop die telling 9-0 gemaak. Hy het ook Brandvlei met reuse kantlyn skoppe telkens teruggedryf. Die hele agttal het begin dryf wat gelei het tot Rodney Lukas se drie wat Visser verdoel het om die eindtelling 16-0 te maak.

    Atlantics B vs Brandvlei B

    Die B-span van Atlantics het 'n beter vertoning gelewer en moes eintlik die wedstryd gewen het. Atlantics het met 'n goeie teruggeveg vorendag gekom maar dit was te laat.

    Brand-vlei het gou 0-3 voorgeloop met 'n strafskop. Van die inskop het Brandvlei onderskep en gaan druk wat hulle versewe om 0-10 voor te loop. Agon Pharo het met ?n strafdoel die tel-ling 3-10 gemaak. Brandvlei het weer gaan druk en versewe om rustyd 3-17 voor te loop. Na rustyd het Atlantics beter afgeskop.

    Pharo slaag met 'n strafskop om die telling 6-17 te maak. Atlantics het alles probeer tot Justin de Koker druk wat Conway Sauls versewe het om die eindtelling 13-17 te maak. Atlantics C vs Brandvlei C

    Atlantics C het sy oorwinnings voortgesit en vier drieë gedruk. Van die afskop het Atlantics aangeval tot Conway Sauls met 'n strafskop die telling 3-0 gemaak. Maxwin Hull druk en daarna Donnovan Steneveldt. Sauls het dit versewe om die telling 15-0 te maak. Hull het onderskep en Conway Sauls het versewe om rustyd 22-0 voor te loop.

    Na rustyd het Brandvlei met 'n strafskop die telling 22-3 gemaak. Cornel Vermaak het die bonusdrie gedruk om die eintelling 27-3 te maak.




    Back to top     Back to top

    © Overberg Media (Pty) Ltd.