Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Error processing SSI file
 

Front Page
News
  • Hard News
  • Environment
  • People
  • Sport
  • Comment
  • Leader
  • Columns
  • Diary
    Tourism
    Contact us
    Schools
    News24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    08/05/2008 10:48 AM - (SA)
    Rolstoelresies laat wiel
    Lianda Beyers Cronjé


    Die Hermanus Wheels and Runners resies se inskrywingstal het van 170 met die eerste resies in 2007 na 325 vanjaar gegroei - 'n sterk aanduiding van die noodsaaklikheid van dié tipe geleenthede.

    Die unieke resies wat deur Karin Coetzee en haar Access for Citizens-komitee gereël is, is die enigste geleentheid van sy soort in die land waar gesonde persone saam met gestremdes in 'n aflosresies deelneem.

    Deelnemers het weereens vanjaar van heinde en verre gekom - daar was onder meer spanne van Gauteng, Kwa-Zulu Natal, Oudtshoorn, George en Mosselbaai wat saam met atlete van Kaapstad en die Wynlande asook die talle plaaslike atlete deelgeneem het.

    Amptenare, atlete en toeskouers het vroeg Saterdagoggend by die wegspringplek by Gearing's Point saamgedrom onder die skadu van die mobiele Checkers-verhoog.

    Die worsbroodjiestalletjie waar Checkers se beroemde boerewors genuttig kon word het groot aftrek gekry en Zain Johnson van KFM het gesorg dat hy met sy deurlopende kommentaar en kwinkslae die gees hoog hou.

    Dit was 'n riem onder die hart om te sien hoe goed die Pretloop (enige iets op wiele) ondersteun is deur gesinne, kinders op skaatse en rolstoelatlete. Beamptes en toeskouers kon nie anders as om trane weg te pink vir die moed van 'n ma wat haar gestremde kind in 'n waentjie vir die 2,3 km gestoot het nie - een van vele daar teenwoordig wat weereens getoon het dat die mense se gees sterker as die liggaam is.

    Atlete en hulle gesinne met wie die Hermanus Times gepraat het, het almal gesê hoeveel geleenthede soos die vir hulle beteken omdat dit hulle ook 'n kans gee om soos hulle gesonde eweknieë aan sport deel te neem.

    Baie van die gesonde atlete wat aan die 10 km resies deelgeneem het, het tyd geneem om rolstoelatlete langs die pad te help by die opdraandes.

    Marianné Beyleveldt, beskermvrou van die Wheels and Runners resies het die gevoel onder die rolstoelatlete goed opgesom: “Jy het nie altyd beheer oor wat met jou gebeur nie maar jy het beheer oor wat jy gaan maak met dit wat met jou gebeur het.”

    Beyleveldt het gesê dat die mense wat die geleentheid bygewoon het, nie gaan sit het en jammer voel vir hulleself nie maar die beste maak van hulle lewens. “Ek glo dat wanneer God iets van jou wegneem iets in die plek gegee word - miskien net 'n wonderlike glimlag.”

    Ilse Bestefield van Checkers, die hoofborg van die Wheels and Runners resies het gesê dat Checkers binnekort 'n nuwe winkel in Hermanus gaan oopmaak en dat dit dus belangrik is vir Checkers om iets unieks aan die gemeenskap terug te gee.

    Met die uitsondering van 'n paar onaangename voorvalle het die verkeersreëlings goed verloop hoewel daar mense was wat gesê het dat dit sou gehelp het as daar baniere en plakkate was om besoekers omtrent die resies in te lig.

    Uitslae

    Die 21 km rolstoelresies vir mans is gewen deur Gerrit Hendricks (George) in 'n tyd van 00:59:50 terwyl Stuart Mc Creadie (Kaapstad) aan die voorpunt was van die 21 km handfietsresies met 'n tyd van 00:43:41. Die 21 km handfietsresies vir vroue is deur Ina Rowles (Pretoria) gewen in 'n tyd van 00:56:54.

    Goldy Fuchs was eerste in die 21 km driewielresies vir mans in 'n tyd van 00:51:07.

    Die 10 km rolstoelresies vir mans is deur Sibusiso Mathenjwa (KZN) in 'n tyd van 00:50:07 gewen terwyl Nerene Luyt die 10 km rolstoelresies vir vroue in 'n tyd van 00:52:33 gewen het.

    Tsepo Shelembe het die 10 km mansresies in 'n tyd van 31:43 gewen terwyl Mariaan Malan (Malmesbury) eerste was onder die vroue in 'n tyd van 42:21.

    Die 5 km aflosresies vir mans is deur Michel Busak gewen in 'n tyd van 00:17:38 met Annereen Malan eerste onder die vroue in 'n tyd van 00:19:00. Die mansaflosresies vir rolstoele is deur Kenneth Morris gewen met Wikus Muller (Kaapstad) aan die voorpunt in die gemotoriseerde rolstoelresies (5 km). Die gemotoriseerde rolstoelresies vir vroue is deur Comine Thiart gewen. Ricardo Hendricks het die 1,3 km vir kwadruplegiese atlete gewen.

    Die oudste rolstoelatleet wat die Wheels and Runners resies deelgeneem het was Harold Tyler wat vandeesweek 87 jaar oud geword het. Hy het vyfde gekom in die gemotoriseerde rolstoelresies.

    Die Wheels and Runners resies sal aanstaande jaar op 2 Mei plaasvind en deelnemers het al te kenne gegee dat hulle weer hier sal wees.




    Back to top     Back to top

    © Overberg Media (Pty) Ltd.