Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
HermanusTimes  

Front Page
News
  • Hard News
  • Environment
  • People
  • Sport
  • Comment
  • Leader
  • Columns
  • Diary
    Tourism
    Contact us
    Schools
    News24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    04/09/2008 10:02 AM - (SA)
    Wonderwerkie
    Janine van der Riet


    Op 2 Julie is Desiree van Rooi van Baardskeerdersbos na die provinsiale hospitaal gejaag om 'n noodkeisersnee te ondergaan nadat haar plasenta begin lostrek het.

    Sy was slegs 30 weke swanger en die kanse was baie skraal om haar babatjie se lewe te red.

    Michaela het 600 g by geboorte geweeg en daarna het haar gewig tot 'n skrale 550 g gedaal. Sy was slegs 32 cm lank. Op tien dae is Desiree en Michaela per helikopter na 'n hospitaal in die Paarl gehaas waar Michaela in die intensiewe eenheid opgeneem is. Twee weke later is sy ontslaan sodat sy weer in die Hermanus provinsiale hospitaal kon aansterk. Nou, twee maande later, weeg Michaela dubbel as by geboorte, 'n hele 1,1 kg en sy raak gesonder by die dag.

    Desiree is steeds geskok en giggel as sy na Michaela kyk en sê: “Ek kan nie glo dis my kind wat so kleintjies is nie.” Sy hou haar kind teen haar bors, binne haar hemp sodat Michaela met haar ma se liggaamshitte sterker kan word. Dit word “Kangaroo mother care” genoem.

    Kleine Michaela kan eers ontslaan word as sy 1,8 kg weeg. Dit gaan nog 'n redelike tydjie duur, maar Desiree is opgewonde om haar wonderwerkie aan haar werkgewers, familie en vriende bekend te stel op die plaas Korsika, Baardskeersdersbos waar sy woon en werk.

    Dr. Natasha Blanckenberg by Hermanus provinsiale hospitaal sê toe Desiree opgeneem is, moes hul 'n noodkeisersnee uitvoer, en alhoewel sy geweet het Michaela gaan klein wees, kon sy nooit raai hoé piepklein nie. “Die hospitaalpersoneel het aanvanklik nie baie moed gehad dat Michaela gaan oorleef nie, maar met goeie sorg van die personeel en Desiree wat so 'n uitstekende ma is, kan dit nie anders nie en die baba raak by die dag sterker,” sê Blanckenberg verlig.




    Back to top     Back to top

    © Overberg Media (Pty) Ltd.