Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Error processing SSI file
 

Front Page
News
  • Hard News
  • Environment
  • People
  • Sport
  • Comment
  • Leader
  • Columns
  • Diary
    Tourism
    Contact us
    Schools
    News24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    24/07/2008 10:52 AM - (SA)
    Woord en musiek toorkuns


    Diegene wat glo dat die “lewe 'n kabaret is” moenie Bly te Kenne met Paul Eilers en Niël Rademan by die Hermanus Times Kalfiefees van 8-10 Augustus misloop nie.

    Kom geniet 'n glasie wyn en goeie geselskap in 'n atmosfeer waar jy kan wees net wie jy wil.

    Die produksie uit die pen van Afrikaans se eie woordkuns- en kabaretkoning - Hennie Aucamp - met die woordmusiekmaestro, Niël Rademan en die teater-, radio- en televisie-doyene, Paul Eilers, behoort vir pure genot te sorg.

    Rademan se samestellings van woordkuns en musiek lok reaksie landwyd uit. Hy het al soortgelyke vertonings by die Kalfiefees gedoen. Dink maar aan die wegholsukses-produksie verlede jaar, Die Melkweg het 'n ster laat val -'n plaasverhaalsamestelling deur die geliefde skrywer Riana Scheepers. Rademan en Martelize Kolver het die land gaande gehad met die produksie.

    Maak julle reg vir die spreekwoordelike lag-met-'n-traan.

    Rademan het 6 liedtekste van Aucamp getoonset vir die geleentheid terwyl Eilers van die beste verhale van Aucamp sal voorhou.

    Aangesien daar beperkte plekke beskikbaar is, behoort belangstellendes so gou moontlik te bespreek om teleurstelling te voorkom.

    Die vertoning is om 10:00 Sondagoggend by die De Wetsaal in Onrus te sien en kaartjies kos R60.




    Back to top     Back to top

    © Overberg Media (Pty) Ltd.