Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Error processing SSI file
 

Front Page
News
  • Hard News
  • Environment
  • People
  • Sport
  • Comment
  • Leader
  • Columns
  • Diary
    Tourism
    Contact us
    Schools
    News24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    17/07/2008 11:31 AM - (SA)
    Lag dat die trane rol
    Lianda Beyers Cronj&3233


    Frank Opperman, een van die gróót geeste in die Afrikaanse verhoogwêreld en nou al 'n ou bekende by die Hermanus Times Kalfiefees doen dit sowaar weer!

    Die uwe, Pottie Potgieter, die werklose Afrikaanse man wat sy storie oor en oor, dorp na dorp in 156 produksies vertel het, het al pure volksbesit geword. En nou kom Frank Opperman met Wyk 14 waar hy as die einste Pottie en steeds werkloos, besluit om as 'n onafhanklike kandidaat aan 'n munisipale wyksverkiesing deel te neem. Terselfdertyd probeer hy sy vrou teruglok uit 'n Arabiese land waar sy verpleeg.

    Vicky du Preez, Frank Opperman se agent, sê dat dié stuk nog 'n groter treffer behoort te word as Die Uwe, Pottie Potgieter wat op verlede jaar se fees al vroeg-vroeg uitverkoop is.

    Wyk 14 wat weer vol sale trek deur die land, is volgens Du Preez deur 'n predikant van Pretoria vir sy gemeente bespreek omdat hy glo dat “elke Afrikaner dié stuk behoort te sien”.

    Ons gaan nie veel verder verklap nie behalwe om te sê dat 'n mens weer rede het om te vergeet van groener weivelde oorsee nadat jy die stuk gesien het.




    Back to top     Back to top

    © Overberg Media (Pty) Ltd.