Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Error processing SSI file
 

Front Page
News
  • Hard News
  • Environment
  • People
  • Sport
  • Comment
  • Leader
  • Columns
  • Diary
    Tourism
    Contact us
    Schools
    News24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    17/07/2008 11:31 AM - (SA)
    Kerk besteel


    John Dickson, Pinkster Sending Gemeente, Stanford:

    Eers is ons kinders by die crèche se verwarmers, potte, braaipanne, mikrogolfoond, tweeplaatstoof, ketel, broodroosters, matrassies komberse en kos weggedra. Die kerk en crèche was besmeer met rou eiers wat stukkend teen die mure gegooi is. Die skade het nagenoeg R7 500 beloop.

    'n Maand gelede is daar weer by ons kerk en jeugsentrum ingebreek en verliese van R18 000 is gely.

    Musiekinstrumente, wat ons duur Yamaha klawerbord insluit en die musieksentrum wat middae by die naskoolsentrum gebruik word, is onder die items wat gesteel is. Ons rekenaar is die volgende dag in die reën buite opgetel.

    Ons doen ook 'n beroep op mense om nie sulke items van enige persoon te koop nie, omdat dit moontlik gesteel mag wees. Die polisie werk aan die saak, maar kon nog nie iemand met die inbrake verbind nie.

    Die deur na ons administrasiekantoor is totaal vernietig en ander deure is met swaar ysters oopgebreek.

    As kerk glo ons dat die mens holisties bedien moet word, gees siel en liggaam. Dus doen ons al hierdie uitreikings omdat ons 'n hart het vir die gemeenskap. Hierdie negatiewe gebeure sal ons egter nie van stryk bring nie, maar eerder motiveer om met oorgawe ons visie uit te lewe.

    In die verlede het ons ook inbrake beleef, maar hulle wat die skade aangerig het, het baie duur betaal, en nie in geldterme nie.

    Ons doen 'n beroep op mense om na vore te kom.

    As dit miskien jongmense is wat vasgevang is in een of ander vorm van dwelms, kom na vore asseblief. Jy kan nog gehelp word, dit is nie te laat nie.

    Reeds is daar 'n jeug-naweek beplan vanaf 1-3 Augustus wat hoofsaaklik sal handel oor dwelmmisbruik.

    Indien iemand inligting het om aan ons te gee, bel past. Dickson by 028-341 0238 of 084 558 5585 of kom sien hom persoonlik.




    Back to top     Back to top

    © Overberg Media (Pty) Ltd.