HJ Riddering, Onrus Manor:
Ek verwys na verlede week se uitgawe waarin 'n foto verskyn van 'n swanger tiener skooldogter wat heel trots haar boepie wys.
Ons leer, It takes two to tango, maar waar is die seun wat pa moet staan vir hierdie kondisie? Hy was dapper genoeg om deel van die gebeurtenis te wees.
Meneer die redakteur, neem die moeite en publiseer sy gesiggie ook asseblief. Hoekom slegs teen die dogter vinger wys?
(Die foto was slegs ter illustrasie gebruik, maar u het 'n punt beet; sien ook hoofartikel - Red.)