Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Error processing SSI file
 

Front Page
News
  • Hard News
  • Environment
  • People
  • Sport
  • Comment
  • Leader
  • Columns
  • Diary
    Tourism
    Contact us
    Schools
    News24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    24/07/2008 10:52 AM - (SA)
    Werk saam


    Barnie le Roux, Piet Retiefsingel 63, Sandbaai:

    Ek skryf namens die belastingbetalersvereniging van Sandbaai en wil graag verneem of iemand ons kan help. Kan iemand vir ons sê wie die persoon is wat rommel, grond en grasperksooie op verskillende plekke in Sandbaai op sypaadjies en veral op die hoek van Hoofweg en Endstraat dompel? Die aksie is wederregtelik en ons sal graag stappe teen diegene wil doen as ons net kan weet wie die persoon is.

    Skakel asseblief Hermien Kriel by 028-316 1513 met inligting.

    Ons probeer hard om Sandbaai 'n model voorstad te maak en dan kry mens hierdie soort mense wat nie wil saamwerk nie.

    Indien iemand rommel of tuinvullis het wat in die pad is, moet dit nie op die sypaadjie dompel en verwag iemand anders sal dit verwyder nie. Elke huiseienaar is verantwoordelik om te reël dat die gemors verwyder word indien dit nie self gedoen kan word nie.

    Ek wil graag die munisipaliteit bedank dat hulle fondse beskikbaar stel om ook van Sandbaai 'n voorstad te maak waarop inwoners trots kan wees. Ook diegene wat onverpoos ons singels en sypaadjies skoonmaak en baie doen om dit so te hou, baie dankie. Ek glo as ons almal hande vat, sal ons ver kom.




    Back to top     Back to top

    © Overberg Media (Pty) Ltd.