Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
HermanusTimes  

Front Page
News
  • Hard News
  • Environment
  • People
  • Sport
  • Comment
  • Leader
  • Columns
  • Diary
    Tourism
    Contact us
    Schools
    News24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    24/07/2008 10:53 AM - (SA)
    Droomtoer vir netbalsterre


    Op Vrydag 11 Julie om 07:50 het 'n groep moe&3235, maar gelukkige Hermanus Hoër netbaltoerlede uit Nieu-Seeland (via Singapoer) teruggekeer.

    'n Droom van 18 maande het waar geword, verwagtinge is heeltemal oortref, nuwe maats is gemaak, ongelooflike dinge is gedoen en gesien, kortom: 'n lewensverrykende ervaring vir elkeen wat dit kon meemaak.

    Na twee dae se heerlike rondloop (en koop!) in Singapoer, het ons op 30 Junie in 'n bibberkoue Christchurch geland. Hier het ons ons eerste afrigtingsessie gehad en ook ons eerste wedstryd gespeel.

    Die vier dae in Christchurch was vol nuwighede; 'n besoek aan die “Antarctic Attraction” waar ons onder andere vir vyf minute in 'n gesimuleerde Arktiese sneeustorm was; 'n “Hagglund Ride&3148 waar daar sommer heerlik gegil is; 'n toer op die “Christchurch Tram” McDonalds en Kentucky (smaak dan nes ons s'n!) op die plein; rondloop tot die voete pyn.

    Uit Christchurch het ons per luukse bus vertrek na Picton waar ons met die Interislander oor is na Wellington. Ons arriveer in 'n yskoue, sopnat Wellington, heelwat groener om die kiewe na die rit op die “ferry”.

    Op 5 Julie staan ons vol opgewondenheid op - vandag speel die Bokke! Na 'n stadstoer en 'n vriesende fotosessie op die hoogste punt in Wellington, gaan besoek ons die ongelooflike Nasionale Museum Te Papa.

    Hierna gaan ons terug na ons blyplek vir 'n klein bietjie rus en 'n toebroodjie voordat ons die staptog na die rugbystadion aanpak. Wat 'n wonderlike ervaring om daar tussen die Kiwi's te sit, die volkslied uit volle bors te sing en Bryan Habana se drie reg voor ons te sien! Met die paaie wat regdeur die binneland toegesneeu het, ry ons die volgende dag sowat tien uur lank om by ons volgende wedstryd in Turangi uit te kom. Na twee taai wedstryde word ons bederf met 'n heerlike ete en ry ons na ons verblyf in Taupo.

    Die volgende oggend het ons sowat drie uur om te verken voordat ons na Rotorua vertrek. Daardie aand eet ons 'n “hangi&3148 maal by die Tamaki Maori Village wat voorafgegaan word deur 'n tipiese Maori opvoering van sang en dans.

    Nadat ons die volgende oggend 'n heerlike tyd by die Skyline Gondolas en Luge deurgebring het, vertrek ons na Auckland. Hier ontvang ons afrigting van Yvonne Willering, die vorige afrigter van die Silver Ferns.

    Sy is nou die afrigter van Northern Mystics en sy bring vir Leana de Bruin saam wat ook vir Mystics speel en laasjaar vir die Silver Ferns in die Wêreldkampioenskappe uitgedraf het.

    Dit was 'n troosprys nadat Irene van Dyk in Australië was vir die ANZ toernooi en ons haar nie kon sien nie. Hier het ons ook ons laaste wedstryde van die toer gespeel - en teen hierdie tyd het ons mooi geleer van die Kiwi's en dieselfde tipe spel begin speel.

    Baie dankie aan elkeen wat 'n bydrae vir die toer gemaak het. Elke keer as ek die loutere vreugde op die speelsters se gesigte gesien het as ons iets nuuts gedoen of beleef het, het ek dankie gesê: dankie vir besighede wat nimmereindigende bydraes in die gemeenskap lewer, individue wat altyd bereid is om te help, die skool en die beheerraad, ouers wat baie moes opoffer en gebede van baie mense.

    Sonder julle sou die droom nie 'n realiteit word nie.




    Back to top     Back to top

    © Overberg Media (Pty) Ltd.