Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
NorthernTimes  

Home Page
Headlines
General
Sport
Die Volksblad
News24
Business Index
Smalls24
Weather
 
About Us Search Advertising
  Brought to you by:

24/08/2000 10:20 AM - (SA)
Kroonstad skop stof in ander se oë


LEDE van die Kroonstadse Buiteklub het vanjaar puik gholf gespeel en die eerste twee plekke in die Noord-Vrystaatse geen-voorgee-liga verower. Kroonstad 1 was die wenners, terwyl Kroonstad 2 die tweede plek met Parys 2 deel. Ander spanne wat in die liga meegeding het, is Whites, Sandrivier, Parys 1, Korrektiewe Dienste 1 en 2 en Holly.

   Kroonstad 1 se span bestaan uit Donavan Swart, Werner Welgemoed, Gino de Crescenzo en Reynier Bekker. Kroonstad 2 se span is Riaan Gloy, Jaco Froneman, Pieter du Preez en Johann Muller. Reserwespelers vir laasgenoemde span is Sid Swart, Lance Swart, Ian van Rooyen en BC van Rooyen.

   Agt spanne het ook aan die voorgee-liga deelgeneem. Hier het Kroonstad se span 'n vierde plek behaal. Die spelers was Tokker Gloy, Jan Kraay, Biempie Searle, Lance Swart, Koos Erasmus, Jacques Jansen en Billa Benade.

   Aanstaande jaar gaan 'n onafhanklike komitee gekies word aan die stuur van sake vir die ligas. Spelers wat belang stel om in die liga te speel kan hul name by Lood van Staden, klubbestuurder, inhandig.




Back to top     Back to top

© 2000 Noordelike Stem/Northern Times - All Rights Reserved