Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
NorthernTimes  

Home Page
Headlines
General
Sport
Die Volksblad
News24
Business Index
Smalls24
Weather
 
About Us Search Advertising
  Brought to you by:

24/08/2000 10:21 AM - (SA)
Kroon kry 168 goues uit 212


KROON PRIMÊR in Kroonstad het weer puik gepresteer op vanjaar se Millennium-kunsfees. In 212 nommers waaraan hulle deelgeneem het, het hulle 168 goue diplomas verower.

   In klavier het 19 leerlinge deelgeneem, wat 85 goue diploams, 23 silwer en drie brons ontvang het. In blokfluit het 35 leerlinge deelgeneem en 83 goue en 18 silwerdiplomas gekry. Ander goeie uitslae was: Drie blokfluit-ensembles het A-diplomas ontvang, een blokfluit- en 'n orffgroep het 'n A+ gekry, drie slagorkeste 'n A, 'n A+ en 'n A++; vyf orffgroepe het drie A+- en twee A++ -simbole behaal.

   Die gr. 7-orffgroep is aangewys as die beste ensemble van die kunsfees en met 92% was hulle die medaljewenners. Nog drie medaljes is toegeken aan: Elouise du Toit, beste blaser gr. 4 - 7, Nicolaas Wessels en Sarita du Toit, wat medaljes ontvang het vir ligte musiek, gr. 4 - 7.

   Leerlinge wat blokfluit neem, het in 'n jeugorkes gespeel en 90% (A++) gekry.

   Altesaam 74 leerlinge het aan die afdeling vir spraak en drama deelgeneem. Twee het A++ -simbole gekry, 14 A+'e, 18 A's, 25 B+'e, agt B's, drie C+'e en vier C's.

   Vir solosang het die skool 30 inskrywings gehad. Hulle het vier A+-simbole gekry, vyf A's, vyf B+'e, 10 B's en ses C's.




Back to top     Back to top

© 2000 Noordelike Stem/Northern Times - All Rights Reserved