Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Error processing SSI file
 

Home Page
Headlines
General
Sport
Die Volksblad
News24
Business Index
Smalls24
Weather
 
About Us Search Advertising
  Brought to you by:

24/08/2000 10:20 AM - (SA)
Mini-hokkiefees lok al hoe meer skole oor Noord- en Oos-Vrystaat heen


DIE Kroonstad-Akademie-skool het weer sy mini-hokkiefees by Players se hokkievelde aangebied.

   Dit is die tweede jaar dat dié toernooi gehou is en skole van oor die Noord- en Oos-Vrystaat heen het die toernooi bygewoon.

   Altesaam 68 spanne, sowat 450 spelers, van die volgende skole het aan die toernooi deelgeneem: Ficksburg, Jordania in Bethlehem, Kroonheuwel, Kroon Primêr, Kroonstad-Akademie, St. Andrew (Welkom), Salomon Senekal (Viljoenskroon) en Welkom Preparatory School.

   Verlede jaar het 28 spanne (180 spelers) aan die toernooi deelgeneem.

   Die spanne het uit ses spelers elk bestaan en die wenners is op 'n rondomtalie-basis beslis.

   Die wenspanne was: o.13-seuns: Welkom Prep, -meisies, Jordania o.12: seuns, St. Andrew, -meisies, Jordania: o.11-seuns, Akademie, -meisies, Kroon: o.10-seuns, St. Andrew, -meisies, Kroonheuwel: o.9-seuns, -meisies, Akademie: o.8-seuns, Akademie, -meisies, Welkom Prep, en o.7-seuns en -meisies, Akademie.

   Dié toernooi beloof om steeds groter te word en sal beslis 'n jaarlikse instelling word.




Back to top     Back to top

© 2000 Noordelike Stem/Northern Times - All Rights Reserved