24/08/2000 10:21 AM - (SA)
DKD bied toernooi vir alle tennisspelers aan
KORREKTIEWE DIENSTE se tennisklub bied op 16 September 'n rondomtalie-tennistoernooi op sy bane aan.
'n Aksievolle dag word beplan. Die inskryfgeld is R20 wat 'n ete insluit en die borge gaan seker maak dat die wenners nie met leë hande huis toe gaan nie.
Toeskouers word vir ondersteuning benodig en almal is welkom teen toegangsgeld van R10 wat ook die ete insluit.
Bel die sekretaresse by 082 4946 691, 082 4172 755 of (056) 212 2922.