Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Error processing SSI file
 

Home Page
Headlines
General
Sport
Die Volksblad
News24
Business Index
Smalls24
Weather
 
About Us Search Advertising
  Brought to you by:

24/08/2000 10:21 AM - (SA)
Mense onrustig ná vrou se dood


DIE gebied om die poskantoor in Kroonstad geleë in die sentrale sakegebied (SSG) word nou glad nie deur die polisie as 'n hoë misdaadgebied beskou nie.

   Verskeie navrae is deur die gemeenskap gerig oor die veiligheid van die gebied om die poskantoor nadat 'n 71-jarige oudonderwyseres van Kroonstad, mev. Joey Luus, dood is nadat sy Saterdag helder oordag by die poskantoor aangerand is.

   Volgens supt. Chris Schilling, hoof van pro-aktiewe polisiëring in die dorp, is diefstal uit motors in die woonbuurte die afgelope paar maande die polisie se grootste probleem, hoewel steeds aandag aan die SSG gegee word.

   'n Vlaag diefstalle uit motorvoertuie het die dorp se woonbuurte getref, sê Schilling.

   Volgens insp. Karlien Jansen, woordvoerder van die polisie in Kroonstad, word gewone misdaadpatrollies deur die Kroonstadse polisie en 'n spesiale operasionele span van Welkom in die SSG gedoen.

   In Julie vanjaar is een huisbraaksaak by Pep Stores (skuins oorkant die poskantoor) aangemeld, asook drie diefstalle uit motorvoertuie in Reitzstraat (een voor die poskantoor en een voor die rolprentteaters).

   Een diefstal van 'n selfoon het voor die poskantoor plaasgevind. Een saak van diefstal van kontant op Selborne-plein is aangemeld, asook een van aanranding op Selborneplein, en drie roofsake is aangemeld (een by 'n klerewinkel in Selborne-plein, een by Telkom en een by die poskantoor).

   Jansen sê lede van die polisie word nou gebruik in Operasie Crackdown waar lede aangewend word in gebiede waar geïdentifiseerde misdaadprobleme en tendense voorkom. Dit is 'n landwye projek.

   Jansen waarsku mense om oplettender te wees, betrokke te raak by die gemeenskapspolisiëringsforum en enige verdagte mense of voertuie aan die polisie te rapporteer.

    Mev. Luus het Saterdagnag beswyk nadat sy die middag om 12:30 aangerand is toe sy gaan pos uithaal het vir 'n vriendin, soos sy reeds jare lank al elke Saterdag doen.

   Albei haar heupe en haar bekkenbeen is gebreek.

   Sy is vermoedelik in die struweling om haar handsak teen 'n muur vasgegooi.

   Sy het 40 jaar in Kroonstad gewoon.

   Sy word orleef deur haar man, Bertus, dogter, mev. Annatjie Viljoen, en seun, Albert, asook 11 kleinkinders.

   Haar seun het aan Noordelike Stem gesê dat iemand helder oordag daar aangerand is, is 'n skande.

   Hy sê die gebied moet meer beveilig word om te keer dat iemand nie in die toekoms weer daar aangerand word nie.

   Noordelike Stem het verneem die poskantoor ondersoek ook die saak verder.




Back to top     Back to top

© 2000 Noordelike Stem/Northern Times - All Rights Reserved