Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Buitelewe  

Voorblad
Wegbreke
Artikels
Toere
Dagboek
  • 4x4-datums
  • Bergklimdatums
  • Stapdatums
  • Sê jou sê
    Boeke
    Wenfoto
    Volksblad
    Weer
     
    Wie's Ons Soek Advertensies
      Aangebied deur:

    20/05/2004 11:33 AM - (SA)
    Kaokoland-safari toer deur ongerepte land


    KAOKO-en Damaraland in Namibië is die eerste groot uitstappie wat die Volksblad-Avontuurklub aanpak, en diegene wat wil saam sal moet spring, want plek is beperk.

    Dié toer, van 11 tot 23 Mei, word deur die ervare Jan Joubert gelei, en beloof om vele hoogtepunte vir natuurliefhebbers te hê.

    "Kaokoland en Damaraland is een van die laaste van die ongerepte voorposte van Suider-Afrika," vertel Jan.

    "Hier voel 'n mens nog Afrika aan jou bas en verwonder jy jou daaraan dat ons eie Afrikaner-mense van die Dorslandtrek ook hier deur getrek het.

    "Dit is ook 'n landskap diep gesonke in die geskiedenis van die Himbavolk, wat weer verbonde is aan gebeure in die destydse Kaap," sê hy.

    Joubert is 'n woestynkenner en pionier-4x4-kundige, en is die voormalige hoof van inligting van natuurbewaring en toerisme in Namibië.

    Die Kaokoland-safari is 'n selfvoorsienende avontuur, dus moet alle spyse saam karwei word.

    Tente, slaaptoerusting en ander luukshede om die bos darem net effe sagter te maak, moet ook self aangeskaf word.

    "Dit is 'n harde, ongenaakbare land waar mens, dier en plant op unieke wyses moes aanpas om te oorleef," sê Jan.

    "Dit is ook 'n landskap van ongelooflike skoonheid en verrassings. Hier kamp 'n mens nog onder die gekrys van die Skopsuiltjies en 'n tasbare stilte."

    Kaoko-en Damaraland, in die Kunene-en Erongo-provinsies, sal die fokuspunt van die toer wees.

    Dié streek word gekenmerk deur Mopanie en Terminalia-savanne, die Namib-gruisvlaktes en groot uitgestrekte vlaktes.

    Dierelewe is volop, en ons kan veral uitsien na woestynolifante, die skaars Namib-leeu en natuurlik die eeue oue Welwitschia-plant.

    "Dit is 'n plek van skaars en spesiaal aangepaste mense en diere. Dit is waar die skaars woestyn-aangepaste olifant voorkom, die Namib-renosters en af en toe trek die Skedelkus se leeus ook in.

    "Dit is plekke waar 'n mens nog tot 600 Springbokke bymekaar kan vind.

    "Dit is plekke waar fotograwe al hul kamera neergesit het en vir my gesê het dat dit te groots is om op film vas te lê!

    "Ons sal aan die kleurvolle Himbakultuur blootgestel word, die majesteit van die Namib-woestyn eerstehands ervaar, die Epupa-watervalle gadeslaan en die natuur geniet."

    Die woestyn is natuurlik 'n ideale plek vir fotograwe om hul staal te toon, asook vir amateur-geoloë om duisende jare in die verlede terug te gaan.

    Voertuie wat dié avontuur gaan meemaak, moet ten minste 900 km in buitebaantoestande kan doen, en in gedagte hou dat brandstof nie maklik langs die pad bekombaar is nie. Petroltenks se dors kan net op Opuwo, Sesfontein en Palmwag geles word. Jerriekanne en langafstand petroltenks word dus eerder 'n noodsaaklikheid as 'n aanbeveling.

    Jan sal nader aan die tyd die spesifieke vereistes uiteensit, maar buitebaanbande met ten minste 6 lae moet gebruik word.

    Bestuurders hoef egter nie die wêreld se ondervinding te hê nie -- Jan het beklemtoon dat hierdie nie 'n 4x4-beproewingsrit is nie, en dat leiding en instruksie op moeiliker plekke aan die orde van die dag sal wees.

    Soos met enige uittog van dié aard is kommunikasie belangrik, en elke voertuig sal met 'n BHF radiostel toegerus moet word. Daar sal voor die tyd op 'n frekwensie besluit word en radio's kan ook gehuur word.

    Die koste van die VolksbladAvontuurklub se Kaokoland Safari beloop R2 942 per volwassene van Bloemfontein tot in Swakop mund, en sluit in alle permitte, toegang-en kampeergeld.

    Dit sluit egter nie oornag in Kamanjab en Swakopmund in nie.

    Vir besprekings of inligting, bel mnr. Naas du Preez by Volksblad (051) 404-7600 of 083 300 0350.




    Back to top     Na bo

    © 2004 Buitelewe (Volksblad) - Kopiereg Voorbehou