|
|
|
17/03/2004 11:29 AM - (SA)
Kaokoland-Safari oorsig
 |
|
 |
TOERLEIER JAN JOUBERT gee vinnig 'n oorsig van dié grootse avontuur wat vir Volksblad-lesers voorlê.
Sondag 9 Mei Vertrek om 09:00 van Volksblad na Upington.
Maandag 10 Mei Ons steek die Namibiese grens by Nakop oor en ry dan direk via Keetmanshoop na die Hardapdam-ontspanningsoord.
Dinsdag 11 Mei Noord na Windhoek, en dan direk na Kamanjab via Okahandja, Otjiwarongo en Outjo. Plek is bespreek by Oppiekoppie-kampplek. Diegene wat egter in die gastehuis wil slaap, moet dadelik vir Petro Jordaan by V olksblad laat weet.
Woensdag 12 Mei Vroeë ontbyt en vertrek om 07:30 SA tyd. Reis na Opuwo wat ons teen middagete sal bereik. Slaap in die veld, ongeveer 50 km noord van Opuwo.
Donderdag 13 Mei Reis na Epupa - watervalle. Slaap by Epupa.
Vrydag 14 Mei Rusdag. Ontspan, swem, voëlkyk ens.
Saterdag 15 Mei Weswaarts oor Okangwati in die rigting van Otjitanda. Ons sal waarskynlik by die Ovivero-dam kamp.
Sondag 16 Mei Vroeg opstaan en dan oor Otjitanda na Otjihende en dan Van Zylspas. Ons gaan die Marienfluss-vallei binne en swaai suid na Orupembe. Daarvandaan reguit suid na Puros.
Maandag 17 Mei Puros-omgewing. Soek olifante en ander wild. Dinsdag 18 Mei Suid deur die Huanibspoelvallei na Sesfontein wat ons laatmiddag sal bereik.
Woensdag 19 Mei Suid via Palmwag waar ons Damaraland betree en verder suid na Twyfelfontein. Die toer eindig hier vir diegene wat die 8 dae- keuse gemaak het.
Donderdag 20 Mei Dieper die Namib in oor geweldige vlaktes na die Ugabspoelvallei. Slaap by Fly-se Kamp.
Vrydag 21 Mei Reis verder en slaap in die Messum-krater. Sien die oudste plante in Afrika en Boesmantekeninge asook prehistoriese skuilings.
Saterdag 22 Mei Bereik die kus en dan deur na Swakopmund.
Sondag 23 Mei 'n Dag van ontspan en geniet.
 |
Na bo
|
© 2004 Buitelewe (Volksblad) - Kopiereg Voorbehou |
|
 |