Willie & Sandra Olivier
Struik Hardeband 210 bladsye
R139,95
ISBN 1 86872 777 7
Wilderness Journeys is 'n ontdekkingsreis deur die gebiede wat volgens die skrywers steeds die "tipiese Afrika" verteenwoordig.
Hulle stel dit ook duidelik dat hulle in hul keuse van roetes nie dekking aan die volledige spektrum probeer verleen het nie. Roetes wat nie maklik met 'n gewone motor gery kan word nie - dus ware wildernisroetes - het voorkeur gekry.
Die gebiede wat besoek word, sluit in die mere in die suide van Mosambiek, sommige van Afrika se voorste wildbesigtingsplekke wat in Botswana geleë is, die windverwaaide duine van die Namib, sneeubedekte pieke van die Malotiberge in Lesotho en die bergwoestynwêreld van die Richtersveld.