Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Error processing SSI file
 

Voorblad
Wegbreke
Artikels
Toere
Dagboek
  • 4x4-datums
  • Bergklimdatums
  • Stapdatums
  • Sê jou sê
    Boeke
    Wenfoto
    Volksblad
    Weer
     
    Wie's Ons Soek Advertensies
      Aangebied deur:

    28/07/2004 02:15 PM - (SA)
    Beplande ontwikkeling bedreig watervalle
    PIETER DU TOIT


    EEN van Namibië se bes bewaarde geheime kan dalk eersdaags verdwyn as die Namibiese regering sy sin kry.

    Die asemrowende Epupa-watervalle - wat deur sommige meer indrukwekkend as die Victoria- en Augrabies-valle beskou word - lê op die Kunenerivier tussen Angola en Namibië, en is redelik onlangs ontdek as 'n praktiese toeristebestemming.

    Planne om die vallei waarin die valle brul tot 'n hidro-elektriese skema te omskep is blykbaar reeds ver gevorder, ondanks 'n omgewingsimpakstudie van N$30 miljoen wat die planne afkeur.

    Jan Joubert, bekende 4x4kenner en voormalige skakelbeampte van dié land se departement natuurbewaring en toerisme, vertel dat die valle gedurende die bosoorlog as basis vir van die Suid-Afrikaanse gewapende magte gedien het, waarvan verlate Koevoet-kampe op die pad na Epupa getuig.

    Die terrein rondom die valle is ná die vredesmagte se vertrek in 1993 skoongemaak en het nou twee aparte kampterreine van hoogstaande gehalte.

    Die terrein behoort aan die plaaslike bevolking (Himbas) en word ook deur hulle onderhou. Die regering se planne kan dié bron van inkomste vir die plaaslike bevolking in die wiele ry en Joubert waarsku dat dit veel wyer implikasies as dï t kan inhou.

    "Behalwe dat die Himbas teen die planne gekant is, sal die dam se water glad nie vir landboudoeleindes gebruik word nie. Dus word die mense van werk ontneem wat nie vervang word nie."

    Joubert bevraagteken ook dié multimiljoen-dollar-ontwikkeling, omdat die Wêreldbank nie finansiering wil toestaan nie. "Daar is maar 80 000 belastingbetalers in Namibië: Hoe gaan hulle dit doen?"

    Omdat die Himbas nie deel aan die konstruksie van die dam sal hê nie, sal arbeiders van elders ingevoer moet word, en die gevaar bestaan dat die vigs-pandemie onder die promisku Himbas kan uitbreek.

    Nietemin bly 'n besoek aan die valle in een van Suidelike Afrika se mees afgeleë plekke 'n sonderlinge belewenis, en is dit 'n paradys vir voetslaners, voëlkykers en enigiemand wat die ongerepte natuur kan waardeer. ) Voorbereiding is van groot belang, want die onherbergsame terrein werk nie vreeslik sagkens met motors se veringstelsel en bande nie.

    Die enigste manier om die valle te bereik is om deur Windhoek en Kamanjab, noord verby Etosha en dan deur Opuwo die pad te vat.

    Die kampterrein lê sowat 100 m van die valle en het genoeg staanplek vir 50 motors. Die terrein is toegerus met braaiplekke, skoon toilette en storte, hoewel die water nie drinkbaar is nie, en is geleë in die veilige en stabiele Kaokoland. Die gebied se lug het 'n hoë voginhoud en sy gemiddelde temperatuur is 30 grade Celsius.

    Die beste tye om besoek af te lê is in die koeler wintermaande (Mei tot September).

  • Vir nadere inligting kontak mnr. Koos Verwey in Windhoek by Kaokohimba-safaris. Telefoonnommer (09264) 65-695105 of e-pos kaohim@mweb.com.na. Staanplek op die terrein kos N$50 per voertuig per aand.




    Back to top     Na bo

    © 2004 Buitelewe (Volksblad) - Kopiereg Voorbehou

     

  •