Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Error processing SSI file
 

Voorblad
Wegbreke
Artikels
Toere
Dagboek
  • 4x4-datums
  • Bergklimdatums
  • Stapdatums
  • Sê jou sê
    Boeke
    Wenfoto
    Volksblad
    Weer
     
    Wie's Ons Soek Advertensies
      Aangebied deur:

    28/07/2004 02:15 PM - (SA)
    Polisielede leer die kuns van 4x4-bestuur


    'n VIERTREKVOERTUIG is nie alleen verantwoordelik vir alles wat só ryding in rowwe terrein kan vermag nie - trouens, soms is die insette van die bestuurder belangriker as die vermoë van die voertuig.

    Dít is onlangs weer bewys toe die Suid-Afrikaanse polisiediens wat 26 Nissan Hardbody 4x4-dubbelkajuite vir die Qwaqwa-omgewing in gebruik geneem het, die bestuurders daarvan in veldryfveruf laat oplei het.

    Die voertuie, wat gebruik sal word om die bergstreke in dié omgewing te patrolleer, sal hoofsaaklik op die soort paaie ry wat geharde 4x4-roetes soos 'n Sondagpiekniek-uitstappie laat lyk. Nissan se 4x4-spesialiste Chris Mathews en Deon Kruger van die KZNtak van Nissan Off-Road Tactix het met hul eie Hardbody 4x4's Qwaqwa toe gery om die manne en vroue in blou te gaan wys hoe dié vuurwaens se perde getem en ingespan moet word.

    Die opleiding, wat oor drie dae afgehandel is, is spesiaal aangepas vir die unieke toestande en altesaam 83 polisiebeamptes is in die fynere kunsies van veldryery opgelei.

    Die kursus het alle opleiding van die mees basiese tot gevorderde veldryvaardighede gedek wat veldrywerk, herwinning en fokus op veiligheid ingesluit het.




    Back to top     Na bo

    © 2004 Buitelewe (Volksblad) - Kopiereg Voorbehou