Die Vrystaatse afdeling van die Bergklub van Suid-Afrika vier vanjaar sy 50-jarige bestaan. Hierdie afdeling het deur die jare talle berggebiede verken en as stap- en klimareas ontgin, soos die Maluti's in Lesotho, die Witteberge in Noordoos-Kaap en die Drakensberggebied in QwaQwa.
Die klub beplan opwindende uitstappies vir die tweede helfte van die jaar. Hier is die kwartaalprogram tot einde Oktober:
6-9 Aug: Die klub besoek Cathedral Peak in die KwaZulu-Natalse Drakensberge.
Tente nodig vir die uitstappie. Vir meer besonderhede en besprekings, bel Nico Combrink by 082-775-5100.
21-22 Aug: Lede wat as leiers wil optree, kan 'n kortkursus ondergaan.
Bel die voorsitter van die klub, Derek Odendaal, by 082-429-3711 vir meer besonderhede.
3-5 Sept: Ontwaak uit die winterslaap en groet die lente in die veld.
'n Redelike maklike staptog in die Langberg by Zastron met lekker oornaggeriewe word gereël. Vir besprekings voor 3 Au gustus, bel vir Trudie Venter by 083-630-8849.
17-19 Sept: Toets jouself met 'n uitdagende 24 km-roete in die Witteberge by Ficksburg.
Vir meer besonderhede, bel vir Derek Odendaal voor 18 Augustus.
23-26 Sept: Die Lundinsnek-omgewing in die Oos-Kaapse Witteberge word verken met die oog op die nasionale kamp wat volgende jaar hier aangebied gaan word.
Tente is nodig. Bel vir Derek Odendaal vir meer inligting.
9 Okt: 'n Nuwe wildsplaas by Excelsior word verken.
Daar is 'n diep kloof en plaasdamme. Bel vir Johan de Beer by 083-444-5433 vir besonderhede.
16 Okt: Die klub hou sy jaarvergadering.
Bel vir Jacomi Odendaal by 083-7971818 vir besonderhede.
22-24 Okt: Die omgewing rondom die Mohaledam in Lesotho word verken.
Paspoorte en tente is nodig. Bel Louis Fourie by 082-458-0479 voor 8 Oktober vir besprekings.