Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Error processing SSI file
 

Voorblad
Wegbreke
Artikels
Toere
Dagboek
  • 4x4-datums
  • Bergklimdatums
  • Stapdatums
  • Sê jou sê
    Boeke
    Wenfoto
    Volksblad
    Weer
     
    Wie's Ons Soek Advertensies
      Aangebied deur:

    19/08/2004 10:54 AM - (SA)
    Nuwe NK-roete waaghalsig, maar veilig
    FRANS COETZEE


    HOPETOWN. - Van ysterklippe wat skokbrekers wiks tot satynsagte riviersand waarin breë buitebande diep wegsak, balanseer die weegskaal op die Grensdraad-viertrekroete, 'n nuutjie vir geesdriftiges in Noord-Kaap.

    'n Wit kalkstreep dui dié jongste 4x4-uitdaging op die familieplaas Wicklow aan wat deur mnr. Len van der Spuy en sy aanstaande swaer, adv. Ferdi van Heerden, beplan en uitgelê is.Gemaklik in 'n tweespoorpaadjie word die voertuigbestuurder so met die wegtrek tussen doringbome en Lennie se veredelde boerbokkudde deur skarrelende stokstertjiemeerkaaie gekalmeer.

    Sommer skielik neig die vlakte in skurwe glooiings. Vanuit dorre klowe spring halfronde heuwels soos karkoerre -- sydelings deurgesny.

    Suutjiestrap en stuurwiel-stewig-vasvat, anders kan die gonnabeentjie pynlik gemoker word.

    In donkierat beur die kolosse oorskerp klip en spierwit kwarts wat ná millenniums soos suikerklontjies oor die aarde verstrooi is.

    "Die roete is waaghalsig ontwerp, maar tog veilig. Diegene wat nie hul voertuie wil beskadig nie, kan dit sonder veel risiko aanpak," beduie Van der Spuy opgewonde.

    Weg van die grensdraad kronkel die spore op platgetrapte wintergras en rollende klippe. 'n Enkele witgatboom waak teen die geboë horison.

    Onverwagte driwwe stamp luid teen asse. Meteens kelk die rivier oop en die sand verskyn tussen haak-ensteek.

    Hier speel die manne. Voertuie bestorm skuins hellings boosaardig terwyl walms stof voor die malende bandgroewe uitwalm. Die moeilikheidsgraad styg tot vyf-uitvyf.

    Diegene wat misluk, se bakkies word met 'n dik tou tot op harde grond uitgesleep.

    In die oornagkamp op die rivieroewer wag kosmakers, kinders en sonaanbidders. 'n Visarend skreebo "Adam" en "Eva" se groen geverfde deure waar doringhout die stortvuur aanhits.

    In die winterblou streep Egiptiese ganse in 'n V-formasie Prieska toe... vêr onder die twee passasier jets van Kimberley en Johannesburg... Kaap toe.

    Neffens die Grensdraadroete gaap die reuse-gat van 'n uitgewerkte diamantmyn. Verroeste toerusting staan bont tussen hope gruis.

    Sowat 15 km stroomaf is die eerste diamant in die land opgetel...




    Back to top     Na bo

    © 2004 Buitelewe (Volksblad) - Kopiereg Voorbehou