Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Error processing SSI file
 

Voorblad
Wegbreke
Artikels
Toere
Dagboek
  • 4x4-datums
  • Bergklimdatums
  • Stapdatums
  • Sê jou sê
    Boeke
    Wenfoto
    Volksblad
    Weer
     
    Wie's Ons Soek Advertensies
      Aangebied deur:

    19/08/2004 10:54 AM - (SA)
    Ficksburg wag om ontdek te word
    LIENTJIE MENTZ


    EERS gaan dit maar rukkerig en sukkelrig. Maar sommer in 'n japtrap kry ek die ratte met my voet opgestoot en woerts die vierwielmotorfiets vorentoe as ek vet gee.

    'n Rit op dié prettige motorfietsies is maar net een avontuur wat besoekers aan die mooi Oos-Vrystaatse dorp Ficksburg kan beleef. Avonturiers kan op perdetoere gaan, in die berge gaan snorkelduik, abseil, kranse uitklim en kort staproetes opverskeie gasteplase onderneem.

    Kinders kan nader kennis maak met wild in een van drie private wildreservate en Ma en Pa kan 'n laatmiddag-riviervaart op die White Mischief onderneem.

    Met Ficksburg wat net 'n hanetree van die Lesotho-grens geleë is, is dit ook geen wonder dat talle uitstappies na dié buurland onderneem word nie. Besoe kers kan gaan ski, een van talle viertrekroetes gaan ry of die land uit die lug sien.

    Mnr. Sean Hughes iseen van die vlieëniers van Ficksburg wat besoekers met 'n ligte vliegtuig op verskeie roetes neem om byvoorbeeld die Mohaledam, die Katsedam en vele ander asemrowende bergtonele van bo gade te slaan.

    Mnr. Thabo Venter wat besoekers op dié vierwielmotorfietse-uitstappies neem, sê met die Kersiefees in November kan besoekers gaan kersies pluk met dié motorfietse. Hy neem avontuurlustiges op ritte in die omgewing na Soutkop of al langs die oewer van die Caledonrivier. Besoekers ry deur 'n wildkamp en sien renosters en leeus van naderby. Kom hulle by geskiedkundige plekke soos Sekonyela -waar talle skermutselings tydens die Basotho-oorloë gewoed het -wys hy krale uit en deel verhale uit vergange dae. Ervare bestuurders kan talle uitdagings al langs die rivier aanpak.

    Ons vierwielmotorfietse brul tot aan die voet van Soutkop voordat ons 'n kort ent teen die bult opry. Van hier het 'n mens 'n wye blik op die omgewing met Lesotho se berge in die verte en die Caledonrivier wat 'n kloof deur die geel graslandskap keep.

    Tyd om om te draai. Stofbrille op jaag ons padlangs terug huis toe. Dis vir seker een van die gerieflikste maniere om in die veld te ry - en dis groot pret.




    Back to top     Na bo

    © 2004 Buitelewe (Volksblad) - Kopiereg Voorbehou