Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Error processing SSI file
 

Voorblad
Wegbreke
Artikels
Toere
Dagboek
  • 4x4-datums
  • Bergklimdatums
  • Stapdatums
  • Sê jou sê
    Boeke
    Wenfoto
    Volksblad
    Weer
     
    Wie's Ons Soek Advertensies
      Aangebied deur:

    27/09/2004 12:47 PM - (SA)
    Langberg ideale naweekstap


    IN die sagte strale van die vroegmôre-son wip-wip die basterwaterbokke tussen die Suid-Vrystaat se grassies deur en verdwyn tussen bosse. Ons staan nog 'n rukkie en sien skielik oral troppe bokke wat ons van 'n veilige afstand af dophou - ons half welkom heet in hul wêreld.

    Die eerste naweek van die maand het ek en twee vriendinne die stof van ons stapskoene afgeskud en saam met die Bergklimklub van Suid-Afrika se Vrystaat-afdeling die Langberg- voetslaanpad by Zastron gaan stap. Dit was ons eerste stap saam met lede van dié klub en vir 'n beter roete om die mense te leer ken kon ons nie gevra het nie. Die voetslaanroete is in die Highlands- Private Natuurreservaat tussen Wepener en Zastron geleë en is 'n figuur 8-roete met oornaggeriewe in die middel. Die roete is van gemiddelde moeilikheidsgraad met 'n paar moeilike plekke waar stappers mekaar maar 'n handjie moet gee.

    Die eerste dag het ons die roete oor 12 km teen die hange van die Langberg op gevolg. Wanneer 'n mens die laaste styl ent teen die berg uit klim , swenk jy links onder teen Kranskop se hange langs. Aan die een kant kyk jy ver uit oor die Vrystaatse grasveld, maar beweeg jy tot op die kruin van die berg, volg jy die Lesotho-grensdraad. Doer onder in die buurland lê netjiese lande al langs die rivier. Ná middagete kronkel die voetpad teen rotswande af en dit is hier waar 'n mens soms moet keer en klouter. Net genoeg om dit interessant te maak.
       Die roete is so uitgelê dat 'n mens deur 'n goeie verskeidenheid habitatte en plantegroei stap met hier en daar 'n veldblom wat die veld opvrolik.

    Dag twee het ons die korter roete van 6 km gestap. Dit is 'n maklike stap wat 'n mens kans gee om na die interessante rots formasies, klowe, plantegroei en dierelewe te kyk sonder om jou te ooreis.

    Dit is 'n heerlike staproete wat selfs onervare stappers sal kan baasraak. 'n Groot voordeel is dat dit net 190 km van Bloemfontein geleë is en dus die ideale bestemming vir 'n naweekstap is.




    Back to top     Na bo

    © 2004 Buitelewe (Volksblad) - Kopiereg Voorbehou