|
|
|
25/11/2004 06:23 AM - (SA)
Stuur u foto's vir Buitelewe en wen!
HANNEKE DU TOIT van Bloemfontein het hierdie foto van die Letterklip by Garies in Namakwaland geneem. Dit is Buitelewe se wenfoto van die maand. Hanneke sê almal ken dié wêreld as droë, plat aarde met blomme in Augustus/September. Wel, as jy van die hoofpaaie af ry, sien jy baie mooi plekke, soos Letterklip. Dit is eintlik 'n ou fort wat met klippe om groot klipformasies gebou is. Teen die klippe is soldate se name en datums geskryf, gedateer 1902, met selfs die Engelse wapen ook. Letterklip is naby die die dorp geleë. In die blommetyd is Letterklip toegevou met blomme en vygies. Hanneke wen 'n R200-koopbewys met die komplimente van Kloppers in die Loch Logan-waterfront in Bloemfontein. Baie geluk!
Pos gerus foto's vir die kompetisie aan Buitelewe, Posbus 267, Booemfontein 9300 of stuur dit per epos aan Imentz@volksblad.com.
 |
Na bo
|
© 2004 Buitelewe (Volksblad) - Kopiereg Voorbehou |
|
 |