Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Error processing SSI file
 

Voorblad
Wegbreke
Artikels
Toere
Dagboek
  • 4x4-datums
  • Bergklimdatums
  • Stapdatums
  • Sê jou sê
    Boeke
    Wenfoto
    Volksblad
    Weer
     
    Wie's Ons Soek Advertensies
      Aangebied deur:

    05/05/2005 06:26 AM - (SA)
    Op dr. Livingstone se voetspore deur Afrika
    Jannie Hennop


    'n WARE Afrika-ervaring soos die Skotse sendeling en ontdekkingsreisiger dr. David Livingstone dit ervaar het. En om 'n nag deur te bring op 'n verlate eiland in die middel van die Zambesi waar die dokter dalk ook oornag het voordat hy die Mosi-Oa-Tunya ontdek het - die Victoria-waterval of Thundering Waters.

    Maar dit is vandag maklik om so ietsie van Livingstone se wedervarings te ervaar en een van die wêreld se wonders, die Victoria-waterval, te sien.

    Nationwide en British Airways het regstreekse vlugte van die Johannesburgse Internasionale Lug hawe na die dorpie Livingstone in die suide van Zambië. En met die onstabiliteit wat in Zimbabwe heers, lyk dit asof al hoe meer toeriste die Mosi-Oa-Tunya eerder van die Zambiese kant bekyk.

    Die dorpie Livingstone is 'n betreklik groot plek met 'n redelik goed ontwikkelde infrastruktuur en padnetwerk. Spoggerige hotels en lodges op die oewer van die Zambesi en by die valle kan jou maklik laat vergeet dat jy redelik diep ie wers in "donker Afrika" is.

    Maar as jy meer wil ervaar en sien van wat Livingstone waarskynlik ervaar en gesien het, kies 'n mens koers in 'n weswaartse rigting na Sesheke en Katimo Mulilo met die grens met Namibië.

    Van daar is dit noordwaarts met Zambië se Highway 10 wat liefs met 'n 4x4 met goeie grondvryehoogte aangepak moet word. Vir etlike ure en relatief min kilometers trek 'n mens af al langs "God se Hoofweg", soos Livingstone die Zambesi genoem het, tot by jou bestemming - Kabula Lodge waar riethuisies jou verwelkom. Die tog tot daar is nie werklik 'n moeilike een in terme van uitdagende 4x4-ryery nie.

    Maar dit is nie hier waar Afrika ervaar word nie, maar op die Kabula-eiland so 'n 100 meter van die kant in die Zambesi. Dit is die grootste van die drie eilande in die omgewing - sowat 300 hektaar groot. Die Zambesi-rivier is hier meer as 500 meter breed en lyk eerder na 'n reuse-dam as 'n rivier.

    Op die eiland is geen infrastruktuur nie - net 'n oopgekapte stuk terrein tussen die digte tropiese bosse waar die mense van Kabula Lodge jou tent opslaan, 'n long- drop en 'n eina tydelike kampstortjie.

    Nou weet jy jy is in Afrika, hier was nog geen ander mense nie, maar dalk het Livingstone sowat 150 jaar gelede ook hier oornag.

    En dit is geen geheim nie dat Livingstone in styl deur Afrika getrek het. Soos dit 'n ware Europeër van daardie tyd betaam het, is met egte silwerware geëet. Die feit dat jy in die middel van Afrika is, bete ken nie dat jou tog ondanks malaria en steekvlieë nie stylvol hoef te wees nie. En ja, die stort het warm water gehad. Ek kan my nie indink dat die dokter in koue water gestort of gebad het nie.

    Die paar minute se bootrit van die kant af na die eiland toe kan ook 'n ervaring soos min wees veral as 'n seekoei skielik voor die boot opdoem naby die plek waar aan wal gegaan moet word. En sy oopgesperde kake jou laat besef jy is net 'n besoeker hier; dit is nog die diere se koninkryk dié.

    Dit is hier op die eiland in die donker van die nag waar die sterre byna irriterend helder is. In die nag moet 'n mens maar versigtig wees as jy 'n draai loop, aangesien seekoeie op die eiland kom wei.

    Reeds vroegoggend word jy wakker gemaak deur die talle visarende wat in die Zambesi vir kos jag.

    En ná 'n nag op die eiland en 'n bootrit daar rondom voordat weer aan wal gegaan word, besef 'n mens dat die gesegde dat Afrika nie vir sissies is nie, baie meer waarheid inhou as die goedige gespot wanneer dié uitdrukking gewoonlik gebruik word. As 'n nag op 'n eiland in die Zambesi genoeg was, kan binne 'n paar ure weer met Highway 10 na Livingsone teruggekeer word waar jy jou kan verlustig aan Afrika in vyfster-styl!

    Dié styl was Livingstone egter nie beskore nie, maar danksy hom is daar vandag plekke soos die Hotel Royal Livingstone. Toe die tweede Mosi-bier se proppie klap, het ek by myself gedink - "dok, dié een is op jou."




    Back to top     Na bo

    © 2004 Buitelewe (Volksblad) - Kopiereg Voorbehou